Bags of Love

Bags of Love

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Bags of Love” beteken net een ding: Om uit dankbaarheid te gee wat jy het! “Dit is weer daardie tyd van die jaar waar baie van ons die geleentheid kry om te gee uit ons oorvloed en in dankbaarheid vir die bietjie of baie wat ons het,” sê Heidi Kruger, Administratiewe Beampte van Gansbaai Badisa.

Vanjaar het daar ‘n verskil ingetree: Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa) in samewerking met die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, asook Gansbaai Aanbiddingsentrum (onder leiding van past Frikkie Zeelie), wil dit graag moontlik maak vir mense om ‘n sak, “Bag of Love”, te vul met kruideniersware vir behoeftiges in die gemeenskap.

Gansbaai Superspar het aangebied om geskenkpakke ter waarde van R120.00, wat onderstaande basiese kruideniersware bevat, op te maak en aan die organiseerders te oorhandig vir verspreiding aan behoeftige gesinne: 1kg rys, 1kg suiker, 26 pakkies teesakkies, 450g koffie, 400g grondboontjiebotter, 425gr pilchards in tamatiesous, 200g boksies soja-maalveis, 1kg stampmielies/meel, 500g gedroogde suikerboontjies, 1kg mieliemeel, 410g gebakte bone, 750ml kookolie, 500g sout en 750ml koeldrank. “Ons vra dat individue, gesinne, besighede of skoolklasse / grade wat bereid is om ‘n sak te vul, besoek bring aan Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa kantore tussen Gansbaai Laerskool en die Pretoriussaal in Hoofstraat, Gansbaai), of om kontantbydraes by die Gansbaai Superspar in te betaal,” sê Heidi.

‘n Spesiale rekening, "Bags of Love 2014", is vir dié doel geskep. Gesinne en individue wat by die projek baat sal vind, word deur al die betrokke partye geïdentifiseer en hierdie sakke sal dan vanaf 22 tot 24 Desember 2014 deur hulle in die gemeenskap versprei word waar die behoefte die grootste is. Hierdie sakke, gevul met liefde, sal verseker groot vreugde verskaf aan mense wat swaarkry in ‘n tyd waar baie van ons feesvier.

Kontak gerus vir Heidi Kruger vir verdere inligting by 028-384-0151.

Hardus Botha

Bags of Love

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles