Agente by Fine & Country presteer

Agente by Fine & Country presteer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Fine & Country se eienaar, Kobie van Wyk het tydens ‘n onlangse ontbyt in Tolbos Bristo verskeie toekennings aan sy Agente gedoen. “Ek het groot lof en waardering vir julle prestasies en wens julle van harte geluk met dít wat julle bereik het,” het Kobie gesê. Hy het daarna verwys dat die Agentskap veral gedurende die afgelope twee jaar baie goed gevaar het. “Danksy volgehoue en harde werk, kon Agente van Fine & Country daarin slaag om kopers te vind vir ‘n groot aantal eiendomme in De Kelders, Perlemoenbaai, Gansbaai, Kleinbaai, Klipfonteyn, Franskraal, Baardskeer-dersbos en Pearly Beach.”

Die Agentskap is goed in hierdie geweste in die onderskeie areas gevestig en daar word uitgesien na die volgende jaar se uitdagings. Die wisseltrofee vir die “Agent van die Jaar” (2012 en 2013), asook gepaardgaande sertifikate, is aan Nelia Muller van Pearly Beach oorhandig. “Nelia is die trotse ontvanger van hierdie toekenning wat sy al meer as een keer kon inpalm,” het Kobie gesê.

Dan het Daniël Geldenhuys en Maria Claassen toekennings as “Runner-up” (Agent met die 2de hoogste verkope) vir onderskeidelik 2012 en 2013 ontvang. ‘n Meriete toekenning is ook aan Maryna Potgieter (Administrasie) gedoen vir haar volgehoue en lojale werk oor baie jare heen. Nog ses Spesiale toekennings is aan al ses Agente gedoen vir hul bydrae om Fine & Country suksesvol in hierdie area te vestig.

Hardus Botha

Agente by Fine & Country presteer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles