Top Tuinbouers

Top Tuinbouers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Toerisme se op-en-wakker Toerisme Komitee het onlangs ‘n tuinbou-kompetisie vir Blompark aangebied. Hierdie kompetisie geskied onder leiding van Katrina Adams, ‘n komiteelid, bygestaan deur Gina Boysen en Glenda Kitley en is deel van Gansbaai Toerisme Komitee se Ontwikkelingsprojek.

“Dit is die tweede jaar wat ons hierdie kompetisie met groot sukses aanbied en vanjaar is 17 tuine beoordeel, waarvan 4 blomtuine en 13 groentetuine is,” vertel Katrina. Die kundiges wat as beoordeelaars opgetree het, is Judy Bothma en Marie Potgieter, wat deur komiteelid, Gina Boysen bygestaan is.

Die trotse wenners is: Blommetuine - Lena Arends (1ste), Hazel Groenewald (2de), Lorette Geldenhuis (3de) en Rosemary Liebenberg (4de); Groentetuine - Johnny Dyk (1ste en ook vir die 2de agtereenvolgende jaar), Ronald Oktober (2de) en Magrieta Felix (3de).

“Twee jong manne van onderskeidelik 13 en 14 jaar het ook ingeskryf, Lorenzo Geldenhuys en Izaan Newman, wat elk met ‘n spesiale prys beloon is,” sê Katrina. “Ons beplan om hierdie inisiatef na meer areas uit te brei, asook die daarstelling van ‘n markie waar hul produkte verkoop kan word.” Na afloop van die sertifikaatoorhandingings kon die knap “tuinbouers” gesellig met verversings saamkuier en tuinwenke met mekaar deel. Daar is ook spontaan besluit om Marie Potgieter, een van die beoordeelaars, se pragtige “Feëtjie-tuin” in De Kelders te gaan besoek.

Gansbaai Toerisme het vervoer gereël en op 4 Desember is Marie se pragtuin, wat al etlike Agri-pryse verower het, besoek en die groepie was baie beïndruk met Marie se asemrowede tuin.

Glenda en haar vriendelike personeel van Gansbaai Toerisme kan by 028-384-1439 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net. Webtuiste is: www.gansbaaiinfo.com.

Hardus Botha

Top Tuinbouers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles