Proe eie wyn

Proe eie wyn

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde se Jaareindfunksie op Vrydag, 4 Desember 2014 het met die “proe van eie wyn” gepaardgegaan.

Die aanbieder, Erhard Roothman, het as gevolg van ‘n skoueroperasie in die hospitaal beland. Amanda de Vries se “Plan B” het uitstekend gewerk: lede en gaste moes elk twee bottels wyn saambring wat op ‘n tafel geplaas is en almal het net saamgekuier. Voor die geselligheid begin het, het Daan Oosthuizen die gilde se finansies voorgehou, waarna die nuwe Bestuur vir 2015 gekies is: Theuns Roodman (Voorsitter), Daan Oosthuizen (Tesourier), Amanda de Vries (Administrasie), Steve Donnely (Lid) en Hardus Botha (Lid). Hulde is aan Helmie de Vries gebring wat die stigter van Gansbaai Wynproegilde op 11 November 2008, sowat 6 jaar gelede was. Helmie het sedertdien as voorsitter gedien tot en met sy afsterwe op 16 Julie vanjaar. Daarna het die geselligheid behoorlik aan die gang gekom, soos net die wynproegilde dit kan doen, bykans soos ‘n familie. Mornay en Charmaine Fourie van Red Pepper Catering het vir die smaaklike vingerete gesorg, terwyl hulle ook hul 15de huweliksherdenking op dieselfde aand gevier het.

Gansbaai Wynproegilde kom op ‘n maandelikse basis bymekaar, waartydens ‘n verskeidenheid van wynkelders se wyne deur hul wynmakers en/of bemarkers op ‘n professionele, maar gesellige wyse, aangebied word. Hierdie byeenkomste vind om die beurt in verskillende Gansbaai restaurante plaas en het só gewild geword dat plekke vooraf bespreek moet word of dis neusie verby.

Vir meer besonderhede rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-832-1614 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Proe eie wyn

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles