Petru Wessels
Carel Trichardt
Katrien Holm (Musiek)
OUDITORIUM, BURGERSENTRUM, HERMANUS
15h30 op Sondag, 21 Desember 2014
Kersklanke belig met woord en klank, die vreugdes, blydskap, opwinding en die wonder van Kersfees - maar ook die hartseer, verlange en eensaamheid.
“Baie van hierdie stories het al gunstelinge geword vir ons gehore en hulle kom luister telkens weer, want soos goeie wyn, word hierdie stories nooit oud nie.”
Kom luister na die Russiese volksverhaal van Baboesjka; na Jaffie se vertelling van “daardie Nag”; na ‘n seuntjie wat graag ‘n rooi lorrie vir Kersfees wil hê; na Dana Snyman se verhaal van Kleintjie Kruger wat hom op ’n Oukersaand opgelaai het; ’n dogter se oproep na die hemel om met haar Ma te praat.
Kom lag oor die “verskriklike” Herselman kinders se deelname aan die Kersspel en ‘n Boetie en ‘n Sussie wat van hulle eie spesiale kriptoneel vertel.
Dan is daar die groepie kleutertjies wat Die Herders van Bethlehem opvoer. Maar toe loop die dinge skielik heeltemal deurmekaar! Onthou julle nog The little match girl en The little fir tree ??
Vir meer as twintig jaar het Petru en Carel Kersstories aan gehore in Pretoria en oral oor vertel. Kom luister gerus en maak Kersklanke deel van julle Kersseisoen.
Katrien Holm, wat vir baie jare deel was van Kersklanke, kom spesiaal Hermanus toe, om die nodige atmosfeer aan Kersklanke te gee, met haar klavier, viool en ander instrumente.
‘n CD, Keur uit Kersklanke , met van die treffendste stories sal beskikbaar wees.
Skakel BELLINI by 028 312 4988 op Hermanus vir besprekings. Kaartjies is R120 en R60 vir leerders en studente. Skakel René du Plooy op 082 940 4238 vir verdere inligting.