DA wiele rol

DA wiele rol

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Eers was dit die “Blou Golf” deur Gansbaai, Blompark en Masakhane se strate kort voor die tussenverkiesing in Wyk 2 op 26 November vanjaar. Die blou DA-voertuie het met groot basuin rondgery om kiesers aan te moedig om te gaan stem. Die DA is beloon met ‘n oorwinning van 74.95%, met die uitslag wat soos volg was: 1,475 DA-stemme teenoor 493 ANC-stemme. In haar bedanking vir die ondersteuning teenoor kiesers, het rdl Riana de Coning na De Kelders, Perlemoenbaai, Gansbaai-dorp en Blompark verwys, maar bygevoeg dat die gebied “Birkenhead” ook deel van die kiesers uitgemaak het.   

Gemeenskapsdiens:

Tydens haar voor-verkiesingsbesoeke het rdl De Coning dit duidelik gemaak dat sy “vir die gemeenskap en met die gemeenskap wil wees” - ‘n stelling wat sy reeds deur woord en daad bewys het. Riana, soos sy verkies om genoem te word, het saam met Janelle Theart op ‘n bedlêende persoon afgekom wat reeds vir jare, as gevolg van ‘n beroerte-aanval, aan sy bed gekluister is. “Ek het dadelik tot aksie oorgegaan en vir John van Rooyen, Bestuurder van Herberg-aan-See gekontak vir ‘n moontlike donasie van ‘n rolstoel,” sê Riana. “John het die meriete van die versoek ingesien en goedgunstiglik ‘n rolstoel geskenk.” Die rolstoel is aan Stefanus AW Johnston oorhandig en hy was weer mobiel en kon die buitelug weer ervaar en kon selfs sy stem uitgebring om sy demokratiese reg uit te oefen.

Protesaksie:

Intussen het Overstrand DA Raadslede aan ‘n protesaksie teen geweld teen vroue en kinders deelgeneem. Die Raadslede, asook DA aktiviste, het op 2 Desember 2014 voor die Hermanus Magistraatskantore hul solidariteit betoon met die aksie: “Stop geweld teen vroue en kinders”. Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsvrou Nicolette Botha-Guthrie, Raadslede en aktiviste, almal in blou, het die koppe laat draai en ook groot entoesiasme deur verbygaande bestuurders en pasassiers uitgelok. Motoriste se  luide getoet, die waai van arms en die geesdriftige geskree: “Viva DA”, het die span “protesgangers” die versekering gegee dat hulle boodskap duidelik oorgedra is.

Rdl Riana de Coning kan vir navrae by 083-597-2781 of 028-388-0788 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by rdc@axxess.co.za.

Hardus Botha

DA wiele rol

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles