“Die Overberg Boothengelklub se ontwikkeling van juniors speel ‘n groot rol in ons jaarlik-se aktiwiteite,” sê DP Burger, wat onlangs tydens die klub se Algemene Jaarvergadering as voorsitter gekies is.
Op 15 November 2014 het die Overberg Boothengelklub hul jaarlikse “Junior Ontwikkelings-dag” gehou. Nie minder nie as 12 uiters ywerige kinders het na die fyner kunsies van hengel, asook Westelike Provinsie Diepsee Hengel se benadering tot “Fishing for the Future”, gaan luister.
“Ongelukkig het die groot Bloudam nie saamgespeel nie, maar die hengellede het die kinders lekker touwys gemaak met visvangknope, veiligheid op see en die samestelling van ‘n georganiseerde hengelorga-nisasie, waarvan SADSAA aan die stuur is. DP sê die suksesvolle dag is met ‘n heerlike en gesellige sosiale funksie afgesluit - tesame met die Springbokke se oorwinning oor die “Bleekbene”.
Belangstellendes wat graag by die Overberg Boothengelklub wil aansluit, of meer daarvan te wete wil kom, kan gerus kennis neem van ‘n “membership drive” wat in Desember 2014 sal plaasvind, waartydens aansluiting sonder die standaard intreefooi toegelaat sal word.
Vir enige verdere inligting en/of navrae rakende lidmaatskap en ander kwessies, kan Marzaan Middleton by 078-761-7735 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by wgmiddleton@omail.co.za.
Hardus Botha