Overberg Bootklub se Juniorontwikkeling

Overberg Bootklub se Juniorontwikkeling

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die Overberg Boothengelklub se ontwikkeling van juniors speel ‘n groot rol in ons jaarlik-se aktiwiteite,” sê DP Burger, wat onlangs tydens die klub se Algemene Jaarvergadering as voorsitter gekies is.

Op 15 November 2014 het die Overberg Boothengelklub hul jaarlikse “Junior Ontwikkelings-dag” gehou. Nie minder nie as 12 uiters ywerige kinders het na die fyner kunsies van hengel, asook Westelike Provinsie Diepsee Hengel se benadering tot “Fishing for the Future”, gaan luister.

“Ongelukkig het die groot Bloudam nie saamgespeel nie, maar die hengellede het die kinders lekker touwys gemaak met visvangknope, veiligheid op see en die samestelling van ‘n georganiseerde hengelorga-nisasie, waarvan SADSAA aan die stuur is. DP sê die suksesvolle dag is met ‘n heerlike en gesellige sosiale funksie afgesluit - tesame met die Springbokke se oorwinning oor die “Bleekbene”.

Belangstellendes wat graag by die Overberg Boothengelklub wil aansluit, of meer daarvan te wete wil kom, kan gerus kennis neem van ‘n “membership drive” wat in Desember 2014 sal plaasvind, waartydens aansluiting sonder die standaard intreefooi toegelaat sal word.

Vir enige verdere inligting en/of navrae rakende lidmaatskap en ander kwessies, kan Marzaan Middleton by 078-761-7735 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by wgmiddleton@omail.co.za.

Hardus Botha

Overberg Bootklub se Juniorontwikkeling

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles