Ons gewaardeerde besoekers van elders is besig om te arriveer en ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om hulle hartlik welkom te heet. Ons nooi hulle graag uit om die omgewing te geniet en die vertroue word uitgespreek dat hulle saam met ons ‘n doelgerigte poging sal aanwend om die gebied te bewaar vir die toekoms en die nageslag. Verder hoop ons dat die 2014/15 feesgety vir u die vrede en liefde van ons Hemelse Vader sal bring en dat u u verblyf hier so sal geniet dat u u vriende daarvan sal vertel en dat u met opgewondenheid sal uitsien na die volgende besoek.
Vergun my die geleentheid om die gemeenskap van Gansbaai en die Overstrand te bedank vir hul bydrae in die volgende gebeure waarop almal trots kan wees / Remarkable achievements and awards:
• The Overstrand Municipality was found to be the most productive municipality in the country in the latest Municipal Productivity Index (November 2014).
• Findings of the Auditor General on financial management - the administration was awarded a Clean audit report for the second consecutive year in respect of the 2013/14 financial year.
• International Blue Flag Status for Grotto, Hawston and Kleinmond swimming beaches.
• Basic Service Delivery Performance highlights:
• Blue Drop status was awarded to five (5) purification plants whilst the Franskraal Water Treatment Works was selected as the best small plant in the country.
• Greenest Municipality Competition - Provincial winner in waste management category.
• Waste Water Treatment - Overstrand Municipality was awarded Green Drop status for the operation of four (4) Waste Water Purification Plants in the Overstrand area.
• Road infrastructure - A total length of 23.2km (±120 000m²) of tar roads were resealed.
• Water Treatment - Overstrand Municipality received the award as the 2014 winner in the Water and Wastewater category for the operation of the Preekstoel Water Treatment Plant.
Other important awards received during the year includes:
• Best Housing Project Award from the SA Housing Foundation for creativity and innovation displayed in the Eluxolweni (Pearly Beach) Housing Project.
Special Service Delivery Arrangements for the festive season
The municipality has decided to implement some special arrangements in Gansbaai to contribute to an unforgettable experience in the Overstrand. The following serve as examples:
Domestic/Household Refuse Removals (15 December 2014 – 9 January 2015)
Removal of refuse (properly placed in black plastic bags) is scheduled as follows:
Monday: Businesses and Caravan Park Thursday: Businesses and
Buffeljags Caravan Park
Pearly Beach/Eluxolweni Kleinbaai/Klipfonteyn
Tuesday: Businesses and Caravan Park Duikersfontein
De Kelders Baardskeerdersbos
Beverly Hills Friday: Businesses and
Masakhane RDP and PDA Caravan Park
Wednesday: Businesses and Caravan Park Masakhane
Industrial Area Gansbaai/Perlemoenbaai
Franskraal Blompark/Beverley Hills
The lack of proper handling of garbage bags is a major cause of littering and it is consequently contributing to the environmental degradation in our area. Black bags left unattended to on sidewalks, are often torn open by dogs, cats and even humans in search of food, resulting in a serious litter problem.
PLEASE!!! - Do not leave your household garbage bag on the sidewalk overnight or on non-collection days. Ask your neighbour/friend to put your bag out, should you leave your house before collection day. Do not deposit loose items (boxes, paper, plastic, bottles, etc) or plastic shopping bags with litter on the sidewalk. Do not throw your garbage (bag) into the nearest bush. Facilities were created at the main entrance of the Gansbaai landfill site where domestic refuse could be deposited after hours. Take your garbage with you if there is no other alternative. Care for your environment by picking up plastic, paper, bottles, etc in your area. Various programmes for recycling already exist. Please assist us to remain the cleanest area in the country.
Watervoorsiening
Die grootste vermorsing van water vind plaas deur die onverantwoordelike gebruik van tuinslange vir besproeiing van tuine en om voertuie, bote en harde oppervlakke af te was. ‘n Hoë verbruik word gepenaliseer deur bloktariewe.
Sewerage
The municipality has started with the construction of a waterborne sewer system in the Gansbaai area. A number of the shops situated in the central business district (CBD) were connected to the network already. To service the conservancy tanks used in the residential areas, at least six (6) tanker trucks will be available on a daily basis to render the required service. Everything possible will be done to attend to all requests on a daily basis. All requests received during normal hours (08:00 -15:00) will be executed at the normal tariff (even if the actual service is rendered after hours). However, services ordered after normal hours at the emergency services (tel 028-3138000 or 028-3138111) will be executed at the higher rate applicable on after-hour services. The service will however, if possible, still be rendered on the same day, although the aim is to restrict this service to 06:00 and 22:00 daily. Please note that you will be liable for the call-out fee in instances where you cancel your request for the service after the turn-out of the truck.
Vandalisme
Hierdie euwel veroorsaak jaarliks dat belastingbetalers duisende rande moet opdok om skades wat deur vandale aangerig word, te herstel. Die munisipaliteit laat geen steen onaangeraak om boosdoeners aan die pen te laat ry nie. Dit is veral verkeerstekens, straatligte en openbare ablusiegeriewe wat deurloop. U sal besef dat hierdie kommoditeite belangrik is in die gebied en u word versoek om die munisipaliteit behulpsaam te wees om die euwel uit te roei en om ‘n gesonde kultuur te vestig. Die munisipaliteit bied ‘n beloning aan vir diegene wat voorvalle aanmeld en waar skuldiges vir die dade verantwoordelik gehou kan word. Die identiteit van die persoon wat die voorval aanmeld, word ten alle koste met die nodige vertroulikheid hanteer.
Wetsgehoorsaamheid
Die munisipaliteit het begrip dat vakansiegangers wat deur die loop van die jaar gebuk gaan onder ‘n gestruktureerde lewenswyse meestal ‘n behoefte het om met vakansietyd ‘n sorgelose en kommervrye daaglikse program te volg. Die ondervinding is dan ook dat alles anders gedoen moet word as wat die gewoonte deur die loop van die jaar was. So byvoorbeeld word verkeersreëls verontagsaam wat tot gevolg het dat daar teen diesulke oortreders opgetree moet word. Die logiese gevolg is dat die wetstoepassingsbeamptes wat daar is vir die veiligheid van alle padgebruikers dikwels vir die onaangenaamheid verantwoordelik gehou word en boonop moet deurloop onder beledigings en skeltaal. Om u besoek ‘n aangename en onvergeetlike ervaring te maak, word u vriendelik versoek om u volle samewerking te gee. Die kapasiteit van die plaaslike wetstoepassingsafdeling is op ‘n tydelike basis aansienlik uitgebrei om selfs na-ure beskikbaar te wees. U behoort in u eie belang te let op die volgende:
• Sorg dat u die verkeersreëls te alle tye eerbiedig.
• Maak seker dat u voertuig padwaardig en gelisensieerd is.
• Weerhou u daarvan om toe te laat dat voertuie bestuur word deur tieners wat nie oor ‘n geldige rybewys beskik nie.
• Sorg dat u rybewys in u besit is wanneer u ‘n voertuig bestuur.
• Gebruik u veiligheidsgordel.
• Moenie passasiers op onbehoorlike wyse vervoer nie.
• Eerbiedig die reëls soos neergelê deur die Padverkeerswetgewing.
• Moenie u selfoon gebruik terwyl u bestuur nie.
• Moenie u eie pret bederf nie.
Launching of Boats in the Gansbaai Area
The launching of vessels is regulated by legislation earmarked to protect the environment. The regulations pertaining to the control of use of vehicles in the coastal zone dated 21 December 2001 prohibit unauthorised access of vehicles to beaches. The necessary approval to use the Kleinbaai Slipway, Blou Sloep at Franskraal and Bluewater Bay at Pearly Beach as registered boat-launching sites, was obtained. Together with the facilities in the Gansbaai Harbour area, these are therefore the only registered launching sites.
Algemene Jaarvergaderings van Belastingbetalers- en Inwonersverenigings
Belastingbetalers- en Inwonersvereniging DE KELDERS
Ratepayers’ and Residents’ Association
Vrydag, 19 Desember 2014 om 10:00 –
Toerisme Inligting Sentrum, Gansbaai
Friday, 19 December 2014 at 10:00 –
Tourism Info Centre, Gansbaai
Belastingbetalersvereniging FRANSKRAAL
Ratepayers' Association
Vrydag, 19 Desember 2014 om 10:00 -
Franskraal Rolbalklubsaal
Friday, 19 December 2014 at 10:00 at
Franskraal Bowling Club Hall
Belastingbetalers- en Inwonersvereniging KLEINBAAI
Ratepayers’ and Residents’ Association
Maandag, 29 Desember 2014 om 16:00 –
Overberg Boot Klub
Monday, 29 December 2014 at 16:00 –
Overberg Boat Club
Belastingbetalers- en Inwonersvereniging GANSBAAI
Ratepayers' and Residents' Association
Woensdag, 17 Desember 2014 om 17:30 –
Biblioteeksaal, Hoofstraat, Gansbaai
Wednesday, 17 December 2014 at 17:30 –
Library Hall, Main Road, Gansbaai
Belastingbetalers- en Inwonersvereniging PEARLY BEACH
Ratepayers’ and Resident’s Association
Dinsdag, 30 Desember 2014 om 10:30 –
Hengelklub, Pearly Beach
Tuesday, 30 December 2014 at 10:30 –
Angling Club, Pearly Beach
PEARLY BEACH Bewarea
Woensdag, 17 Desember 2014 om 10:30 –
NG Kerksaal, Pearly Beach
Wednesday, 17 December 2014 at 10:30 –
Dutch Reformed Church Hall, Pearly Beach
Die AJV's van die Baardskeerdersbos Inwonersvereniging is reeds afgehandel.
Plot-clearing / Ontbossing van Oorgroeide Erwe
The municipality has been flooded with complaints from residents fearing the risks of runaway fires and the general appearance of undeveloped residential properties in the area. An average of more than 50 notices is served on a monthly basis on land-owners to clear the properties from alien vegetation. All residents are therefore again reminded of their responsibility in this regard. In instances where the municipality is forced to appoint contractors after due process was followed to encourage the owner to clean the plot by him/herself, the costs are inflated substantially. It will be in everybody's interest if owners accept their responsibility in this regard. The latest policy approved by Council on 26 November 2013 prohibits the utilisation of mechanical devices such as tractor driven mowers ("bossiekappers") and only manually clearing by using hand held devices such as chainsaws and brushcutters are allowed. Contact details of accredited service providers in this regard are obtainable from the municipality (tel. no. 028 384 8300).
Afvuur van Vuurwerke / Brandvoorkoming
Jaarliks veroorsaak die onoordeelkundige afvuur van vuurwerke op veral Oujaarsaand baie ongerief vir mens en dier. In die geval van die Overstrand gebied gaan ons vanjaar ‘n feesgety tegemoet waar afdwingbare, plaaslike reëls van krag sal wees. Die afvuur van vuurwerke is slegs toelaatbaar wanneer 'n suksesvolle aansoek tot dien effekte na die Brandweerhoof geloods is. Verdere inligting in hierdie verband is van die Brandweerhoof verkrygbaar (tel. nr. 028-313 8000).
Waar gevalle van getraumatiseerde of verlore diere opgemerk word, is u welkom om te skakel met die plaaslike Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) by telefoon 0837423903.
Te danke aan die baie reën wat vroeg vanjaar geval het, is die risiko vir brande besonder hoog weens die welige plantegroei in ons gebied. Onbeheersde brande kan groot skade aan die natuur en private eiendom tot gevolg hê. Dit sal waardeer word as u die grootste mate van verantwoordelikheid in hierdie verband sal handhaaf.
Vuurwerke mag op oujaarsaand (31 Desember) vanaf 22:00 – 01:00 afgevuur word by die volgende plekke:
Uilenkraalsmond en Stanfordsbaai (De Kelders) strandgebiede
Ondersteuning aan Minderbevoorregtes
Dit is gedurende hierdie tyd van die jaar dat mense na mekaar moet uitreik en mekaar ondersteun. Die plaaslike kantoor van die Departement van Maatskaplike dienste (Badisa) het vanjaar in samewerking met die Munisipaliteit Overstrand, die plaaslike kerke en erkende gemeenskapsorganisasies (Share Project) 'n projek bekend as "Sakke vol Liefde" of "Bags of Love" van stapel gestuur om hulpbehoewende gesinne van die dorp gedurende die Kersfeesseisoen te ondersteun met basiese kruideniersware. Reëlings is met Gansbaai Superspar getref om die aankope van 'n standaard kruidenierspak ("hamper") daar te doen. Deelnemers aan die projek kan met die betaling van R120.00 by Spar verseker dat minstens een (1) gesin kos op die tafel sal hê op Kersdag. Die verspreiding van die kospakkies sal deur Maatskaplike Dienste self hanteer word tussen 22 en 24 Desember 2014. Die lys van behoeftige gesinne wat deur die kerkgemeenskap van Gansbaai in samewerking met Badisa opgestel is, bevat reeds die name van meer as 150 gesinne. 'n Ernstige beroep word gedoen om hierdie verdienstelike projek wat deur die Uitvoerende Burgemeester van die Overstrand onderskryf word, goed te ondersteun. U ondersteuning en positiewe bydrae is van onskatbare waarde.
Roaming Dogs
The Law Enforcement Officers were instructed to act firmly against the owners of dogs causing a nuisance to other people. The applicable local by-law regulating the keeping of dogs clearly states that no dog will be allowed to be in a public street/open space/beaches without being held at a leash by a responsible person. Some of the swimming areas were declared out of bounds for dogs. Proper notices to this effect were installed at popular entrances to the respective areas (Uilenkraalsmond, Kleinbaai tidal pool and Stanfordsbay serves as examples). Spot fines will be issued to offenders.
Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC)
This non-profit organisation is performing valuable services in the welbeing of animals in Gansbaai. They are still looking for homes for dogs/cats that were taken off the street from owners who failed to care for them. Please pay visit to their kennels on the road to the landfill site. Please also support their shop next to Kekkel & Kraai in the Main Road of Gansbaai.
Important Notice
Emergency Contact Numbers
In case of any emergency, you can phone our 24 hour Control Room at tel. 028-3138111 or 028-3138000. The Fire Brigade can be called directly at 028 384 8374 or 028 312 2400 and the toll free number for the Ambulance Service is 10177 and Marine and Coastal Management (028 313 2703) and the local SAPS (028 384 0201).
SMS Facilities
The more than 24 000 registered sms users in the Overstrand area are pleased and satisfied with the wonderful service they receive from the Overstrand Municipality pertaining to sms messages. If registered, you will receive "fresh from the oven" news about emergency situations, other useful information and notifications on your mobile phone. Please encourage your neighbour and friends by sharing your experience in this service with them. You can register by phoning 028 -3848300 for information in this regard. Council recently decided to use this tool also to remind consumers about the due dates of payment of their municipal accounts. Overstrand Municipality is serious about limiting its risk of losses due to bad debts and already instructed its debt collectors to cut services between Christmas and New Years day where necessary.
Misdaad – Tien wenke om misdaad te bekamp
1. Sorg dat u ten alle tye u deure gesluit hou en u vensters toe maak as u nie tuis is nie.
2. Wees op u hoede van u omgewing, as u van 'n bankoutomaat gebruik maak – moenie gebruik maak van hulp van 'n omstander nie.
3. Hou in gedagte dat die toegelate bloedalkohol inhoud 0,05% is – moenie bestuur as u alkohol gebruik het nie – meer as een bier, of meer as een sopie spiritualieë, kan u reeds in die moeilikheid laat beland.
4. Moenie rylopers oplaai nie.
5. Hou noodnommers byderhand.
6. Moenie u deure vir vreemdelinge oopmaak nie.
7. Moenie waardevolle items binne sig in u motor los nie (al is die deure gesluit). Plaas dit in die bagasiebak van u motor.
8. Sluit ten alle tye u motor as u dit parkeer.
9. Rapporteer die bewegings van verdagte persone aan die polisie.
10. Onthou die gebruik van dwelms, besit van perlemoen en die vang van vis of kreef sonder 'n lisensie, is 'n oortreding. Die polisie handhaaf 'n beleid van "geen genade" vir hierdie tipe oortredings.
Dit blyk dat misdadigers veral toeslaan op eiendom waar vriende en familie gesellig saam verkeer en minder bedag is op die risiko van inbrake. Wees maar ekstra versigtig om kosbare besittings in u voertuig te laat.
Recess and Public Holidays
The municipal council of Overstrand will be in recess for the period 3 December 2014 to 18 January 2015 (both days included). During the period of recess all urgent matters (emergency situations) will be dealt with by the executive mayor in consultation with the municipal manager. Municipal offices of the Overstrand area (including libraries) will close at 13:00 on Wednesay, 24 December 2014 and Wednesay, 31 December 2014 and respectively re-open at 07:45 on Monday, 29 December 2014 and Monday, 5 January 2015.
Slotopmerking
Na verwagting sal ongeveer 220 000 mense die vakansieseisoen in die Overstrand gebied deurbring en dit is onafwendbaar dat die toedrag vele uitdagings ten opsigte van dienslewering bied. Daar is hard gewerk om die nodige voorbereidings betyds af te handel en om seisoenale werkers aangestel te kry om die druk te verlig. Vakansiegangers se samewerking gaan egter nodig wees om te verseker dat die seisoen vir almal genotvol gaan wees en dat die dinge wat waarde tot u vakansie toevoeg vir altyd behoue sal bly. Alhoewel daar waardering is dat inwoners/vakansiegangers by wyse van geskenke erkenning wil verleen aan goeie dienste deur munisipale werkers, skep dit praktiese probleme en die praktyk word ontmoedig.
Gun my die geleentheid om nogmaals aan u almal 'n baie Geseënde Kersfees en 'n Voorspoedige Nuwejaar toe te wens. Mag ons nooit die ware doel van hierdie heugelike geleentheid uit die oog verloor nie - 'n tyd om te gee, 'n tyd om te vergewe en 'n tyd om ons vriende te geniet en te waardeer.
Vriendelike Feesgroete
F MYBURGH
MUNISIPALITEIT OVERSTRAND
AREABESTUURDER : GANSBAAI
9 Desember 2014