Welkom en lekker vang

Welkom en lekker vang

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Aan al ons besoekers  --  welkom! Die baie hengelaars onder julle se eerste gedagte is heel moontlik, waar om die vis raak te loop. Kom ons vat die prentjie so kortweg saam. Op die oomblik gaan dit nie so lekker by die dieper “gate” nie, bedoelende indien jy met ‘n boot uitgaan. Selfs vis soos hotties en roman is nie volop nie. Hierdie situasie kan natuurlik enige dag verander. (Sien egter onderaan hierdie rubriek). Die antwoord is om dan te gaan soek vir kabeljou. Hoewel selfs hierdie vis nie in oorvloed is nie, is dit tog nou die tyd vir hulle en as jy jou storie reg doen, is die kanse goed dat jy ook, soos van die manne wat ken van, ‘n paar kabeljou sal raakloop. En daar word tog ordentlike vis gevang! Die gewone plekke is maar Haaiklip en die onmiddelike omgewing daar. Moet nie die ander gewilde plekke soos Holbaai en die res van die Gruis vergeet nie. Dan is daar nog plekke verder die kus op wat goeie resultate kan lewer. Die ideaal is seker om met iemand saam te gaan wat die kuns van die amperbootjie onder die knie het. Behalwe dat dit ‘n veilige opsie is, is jou kanse op sukses ook soveel beter. Indien jy wel besluit om met jou eie boot te probeer, versigtig, asseblief. Maar onthou  --  ‘n boot is nie die alfa en omega nie. Met ‘n visstok is dit soms beter van die kant af. Die vis wei sommer aan die kant en jy moet net oppas of jy gooi in een van die bote! Bowendien is daar min ander sporte wat soveel genoegdoening verskaf en jy so lekker langs die water kan ontspan. ‘n Ligte lyntjie is ideaal, maar jy vang dikwels die kleintjies wat natuurlik teruggeplaas moet word. ‘n Swaarder lyn sal sorg dat die ou grote nie sommer wegkom nie  maar gaan ook veroorsaak dat die kleiner vis nie so maklik gevang word nie. Weer eens, oppas vir die ondermaat vis.

Oor die naweek is drie jongmanne met ‘n klein rubberboot in die omgewing van Teegat, op soek na hotties. Dis toe die geelbek skielik begin byt en die resultaat was 6 geelbekke wat weggekom het en 1 mooi vis van 9 kg., veilig in die boot. Ook vanaf ‘n ander boot is gevang. Die feit dat hulle vangs oor twee dae gestrek het mag beteken dat die regte weer kan sorg vir pêrre. Die onverwagte is mos wat dit so opwindend  maak!

Hou asb. die strande skoon en gun die ander hengelaar sy spasie.

Lekker vang, Seemeeu

Welkom en lekker vang

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles