2014 Walvis Classic

2014 Walvis Classic

Gansbaai Courant

Die afgelope Vrydag en Saterdag, het Franskraal Rolbalklub se jaarlikse Walvis Classic aangebied. Spanne van dertien klubs het aan hierdie skouspel deelgeneem en rolbal van hoogstaande gehalte is deur alle deelnemers gespeel.

Die kompetisie is op gepaste wyse deur ds. Deon Klopper geopen.  Dit het daartoe bygedra dat rolbal in die gees van ware sportmanskap gespeel is.  Ons hartlike dank aan hom.  

Deelnemende klubs in hierdie kompetisie was Robertson, Franschoek, Durbanville, Bonnievale, Worcester, Old Oak, Swellendam, Bredasdorp, Hermanus, Paarl, Darling L’Agulhas en Franskraal.  Dit is vir Franskraal altyd ʼn wonderlik om julle as ons rolbalvriende by ons te verwelkom. Julle teenwoordigheid by hierdie kompetisie word baie hoog op prys gestel. Baie dankie dat julle geen moeite ontsien het om ons te ondersteun nie.

Vanaf die eerste wedstryd kon ons sien dat elke span met net een doel voor oë gespeel het.  Dit was om die gesogte trofee aan die einde van die kompetisie  omhoog te hou. Na afhandeling van die eerste dag se spel, is spanne in A- en B-groepe verdeel. Groep A het die veertien boonste spanne op die punteleer verteenwoordig, terwyl groep B die onderste twaalf spanne bevat het. In elke groep is om drie pryse meegeding.  Mededinging het strawwer geword hoe nader aan die finale wedstryde beweeg is.  Met die aanbreek van die laaste wedstryde, is die vier voorloper spanne, teen mekaar getrek om sake vir die gesogte trofee uit  te spook.  Met ons bane, wat uitstekend deur Tommie van Niekerk en sy helpers Johan Vick en Christopher Mallec voorberei is, het ʼn skouspel op ons gewag.  Uit die staanspoor het die span, met die Protea speler Santjie Olivier (Steyn) as skipper, druk op hulle opponente geplaas om sodoende, aan die einde van die toernooi, as die algehele wenners gekroon te word.

Die finale uitslae was dan ook as volg; A-afdeling:  Eerste: Santjie Olivier en haar span van Swellendam, tweede: Toekie Muller en sy span van Worcester en in die derde plek was Dawid Swart en sy span van Old Oak.  Uitslae van die B-afdeling:  Eerste: Raff Di Monte en sy span van Durbanville, tweede: Mark Beviss-Challinor en sy span van Robertson en in die derde plek was Rustoff van Wyk en sy span van Hermanus.  Die span van Franskraal wat die beste presteer het, was Wally Nimb en sy span, wat algeheel vierde geëindig het.Ons hartlike gelukwensing gaan aan elkeen van bogenoemde spanne met die puik rolbal wat hulle gespeel het.

Toernooie soos hierdie kan nie sonder die volgehoue ondersteuning van ons borge plaasvind nie.  Dus is dit vir my ʼn besondere voorreg, om langs hierdie weg, vir De Wet van Niekerk van Gansbaai Superspar, van harte te bedank vir hul ruim borgskap.  Wees verseker van Franskraal Rolbalklub se opregte dank vir jul getroue ondersteuning aan ons vir die afgelope aantal jare.  Dit gaan nie ongesiens verby nie en word besonder hoog op prys gestel.Nogmaals baie dankie De Wet, julle is wenners.

Om enige toernooi te organiseer is nie ʼn maklike taak nie.  Dus wil ek langs hierdie weg ons bestuur en al ons lede, wat baie hard agter die skerms gewerk het, uitsonder.  Sonder julle onbaatsugtige opoffering sou hierdie toernooi nie kon plaasvind nie. Ek noem graag die volgende persone in beheer van komitees:  Sonia Chambers en haar span vir die heerlike ontbyt wat soggens aan ons spelers voorgesit is; Lichen en Derrick Spearpoint wat gesorg het vir al die toebroodjies gedurende teetyd soggens;  Marie Pretorius en haar span wat alle spelers trakteer het met die heerlikste etes tydens middag- en aandetes; Betsie Schreuder vir die nagereg;  Dina Jooste en Hettie Lass vir die voorbereiding van die slaai; Archie Chambers vir die vooraf beplanning en uitstuur van uitnodigings na die verskillende klubs; Kristo Jooste vir die hantering van die finansies;  Kirsto en sy span was ook in beheer by “The 22nd End” vir al die vloeibare verversings en te sorg dat dit koud bedien is;  Gerrie Fourie vir die pragtige  blomme rangskikking en die blomme op die tafels; ons Tegniese Beamptes Madeline Janse van Rensburg en Archie Chambers; Alta de Wit wat die lootjies hanteer het; en al ons ander klublede wat so hard agter die skerms gewerk het.  Ontvang my opregte dank en waardering vir die werk wat julle, tot voordeel van ons klub, gedoen het.Julle is voorwaar staatmakers.  Ons klub is bevoorreg om lede soos julle in ons midde te kan hê.  Ek rig graag ʼn spesiale woord van dank aan Una Conradie wat die onbenydenswaardige taak op haar geneem het om al die tellings te verwerk, en om diespanne, in die regte volgorde, én op die regte bane, teen mekaar te plaas.  Baie dankie Una jy is werklik ʼn ster.

Vergun my ook die geleentheid om ons bestuur, by name Jane de Villies -Visie President, Anne van Niekerk – Klubkaptein, Kristo Jooste - tesourier,  en ons sekretaris Marius deWitt te bedank vir al die vooraf beplanning wat deur hulle gedoen is.  Mense julle is ʼn wenspan en julle werkywer iets om te aanskou.  Baie dankie vir al julle harde werk tot voordeel van ons klub. Dit word baie hoog op prys gestel.  Baie dankie ook aan Gert Pretorius vir al die harde werk wat hy in en om die klubhuis verrig. 

Laaste maar beslis nie die minste nie; ons het skenkings vir lootjies van die volgende persone en instansies ontvang.  Ons hartlike dank gaan hiermee uit na, Rachell du Toit vir die wonderlike braai stel, wat ook ons hoof prys was, George Erasmus van Hermanus vir ses bottels rooi wyn, Anna’s Pies vir twee melkterte, en Nicole Richards van Richards prokureurs vir die bottel rooiwyn en twee bewyse vir gratis onderhoude vir die opstel van testamente. Ons hartlike dank aan u almal vir die pragtige skenkings, dit word baie hoog op prys gestel.

Daarmee het ons aan die einde van ʼn baie vol 2014 rolbal program gekom.  Dit was ʼn baie bedrywige jaar by Franskraal Rolbalklub en ons is dankbaar vir alles wat ons in hierdie jaar kon vermag. Ons hartlike dank aan alle instansies wat ons gedurende die jaar ondersteun en bygestaan het. Baie dankie aan Gansbaai Courant vir die plasing van beriggies en foto’s van ons klub se bedrywighede. Ons wil dan ook graag hierdie geleentheid gebruik om vir u almal ʼn geseënde Kerstyd en ʼn baie voorspoedige 2015 toe te wens.  Geniet u rustyd.  Rolbalgroete, tot volgende keer.

Philip Malherbe

2014 Walvis Classic

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles