Op Saterdag, 29 November, het 2 van ons lede Noord-Boland verteenwoordig op Worcester in die wedstryde teen Suid-Boland.
In albei die ouderdomsgroepe waarin Alta van Niekerk en Daniël Geldenhuys gespeel het, het hulle 'n positiewe bydrae gelewer en het NOBO vir SUBO geklop.
Gansbaai tennisklub verwelkom ook 'n nuwe lid in ons midde. Eddie Botha, baie welkom en mag jy jou tennis by ons geniet.
Sosiale tennis word gespeel op Woensdae vanaf 15:30 en Saterdae vanaf 14:00 by die Laerskool se bane.
Almal (vakansiegangers ingesluit) is welkom om saam te speel. Tennisgroete,
Daniël, 072 117 3473