Gholf Uitklopuitslae

Verjaarsdae hierdie week:

Baie geluk aan  BA Beamont en J Heunis op die 18de en G Smith op 19 Desember.

WOENSDAG 3 DES 

Afsluiting van Sloegters en Prysuitdeling.

Die Sloegters kampioen vir 2014 is Charlie Bent. Tweede en derde plekke  is ingeneem deur Daan Victor en George Hunt. Die gewone Sloegtersdag is geborg deur John Thompson. Die klub bedank hom vir sy mooi gebaar en wens hom alles van die beste vir die toekoms toe. John gaan ons verlaat en verhuis na Gordonsbaai.

1. R Woods                           38

2. EL Matthee      36

3. J Thompson     35

4. J Le Roux                         35

5. S Wessels                          35

Die uitklop kampioenskappe se uitslae is as volg:

Enkel kampioen: Bev Swart          

Pare- kampioene:                Bev Swart en Steve Muller

Mixed pairs:                         Bev Swart en June Rahn

Foursomes:                           Jannie Brandt en June Rahn

Scramble:                              Solly Wessels en Johan Kruger

Opvallend om te sien dat die kaptein, Bev Swart, nie net leiding in die klub neem nie, maar ook op die baan. (as 'n mens na die bekers kyk).

VRYDAG 5 DES

Net 'n paar spelers het die wind getrotseer.

1. L Hattingh                        21

2. S Wessels                          20

3. A Roos                              17

SATERDAG  6 DES

Die kompetisie was Maandelikse Houespel (medal).

KLEIBAAI MOTORS borg hierdie dag (dankie Sakkie).

1. Solly Wessels    66 netto

2. Leon Lombaard              66

3. Jan Le Roux     69

4. Jannie Brandt  70

5. Johan Pieterse  71

Naaste aan die Penne: Lambert Smith, Marleen Davin en Solly Wessels. Spog twees: Lambert Smith en Marleen Davin.

Saterdag is weer eens 'n groot borgdag. Hierdie keer is dit BUILT IT.  Sien julle daar!!!! 

GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441
                              Fax: 028 384 1225
E-mail:
gbgholf@gmail.com

June Rahn en Jannie Brandt as Foursomes Uitklopkampioene, wat ook die manne uitgestof het.
Bev Swart en Steve Muller as die Uitklop-pare Kampioene
Bev Swart as die Uitklop Enkel Kampioen en Charlie Bent as die Klubkampioen en Sloegterskampioen
Bev Swart en June Rahn as die Gemengde Pare Uitklopkampioene
Solly Wessels en Johan Kruger as die Uitklop Scramble Kampioene