OMR Ambulans baat by Gansbaai Marine

OMR Ambulans baat by Gansbaai Marine

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Marine se “beursie” is onlangs vir die soveelste keer oopgemaak. André Coetzee, Besturende Direkteur, het ‘n tjek ten bedrae van R15,000 aan Cassie Carstens van Overstrand Medical Response (OMR) in Gansbaai oorhandig.

“Ek het kennis geneem van een van julle ambulanse wat stukkend is en het besluit om fondse vir die herstel daarvan te bewillig,” het André gesê. Cassie het intussen bevestig dat die ambulans, waarvan die enjine onklaar geraak het, reeds vir herstel ingestuur is en die geld vir die kostes is reeds oorgeplaas. Vakansiegangers kan gerus kennis neem dat, behalwe vir werkverskaffing en die verwerking van Gansbaai Vissermanne se vangstes, Gansbaai Marine bekendstaan vir jaarlikse groot donasies aan skole, kerke en liefdadigheidsorganisasies.

“Overstrand Medical Response is bekend in Gansbaai en omgewing vir flink en staatmaker diens wat gelewer word en daarom is dit ‘n voorreg om hulle op hierdie wyse te kan ondersteun,” het André gesê. Voorheen het Gansbaai Marine R10,000 bewillig vir die ou Lions-ambulans wat aangekoop is. Overstrand Medical Response se personeel bestaan tans uit Cassie Carstens, Chantell Buys, Kobus van der Merwe, Riaan Buys en Bea Coetzee (‘n Eerstehulp Vrywilliger). Hulle beskik oor twee reaksie-voertuie en twee ambulanse wat die gebied bedien. Inwoners en vakansiegangers kan sonder twyfel weet dat hierdie groepie bekwame mense met hul noodvoertuie paraat is vir die feesseisoen. Kennis kan geneem word dat Overstrand Medical Response ‘n Privaat Ambulansdiens is wat geen subsidie of gelde vanaf enige persoon ontvang nie, hetsy die regering of private persone.

“Daarom het ons ‘n vaste uitroepfooi vir enige uitroepe, asook ‘n vervoerfooi indien u na ‘n hospitaal vervoer moet word,” sê Riaan. “Die goeie nuus is egter dat, indien ‘n persoon oor ‘n Mediesefonds beskik, dat die fonds vir die ambulansvervoer betaal, maar ongelukkig nie vir die uitroepfooi nie.”

Kontaknommers vir vakansiegangers is 078-699-6995 (Noodgevalle), terwyl algemene navrae aan Riaan Buys by 083-881-3631 gerig kan word.

Hardus Botha

OMR Ambulans baat by Gansbaai Marine

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles