Dangerpoint Halfmarathon

Dangerpoint Halfmarathon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is weer tyd vir die Gansbaai Lionsklub se jaarlikse Dangerpoint Halfmarathon wat op Woensdag, 31 Desember 2014, in samewerking met vanjaar se hoofborg, Romansbaai Ontwikkeling aangebied word. Dave Mostert van Romansbaai Ontwikkeling het onlangs ‘n tjek ten bedrae van R10,000 aan Johanna le Roux, sekretaresse van die Lions, oorhandig.

“Almal word hartlik uitgenooi om deel te neem aan vanjaar se halfmarathon, die laaste halfmarathon vir die jaar,” sê Boats van Staden, President van Gansbaai Lionsklub. “Die marathon vind plaas langs ‘n skilderagtige roete met ‘n uitsig oor die hele Walkerbaai, omring deur die Kaapse berge in die verte en is uniek in vele opsigte.” Die roete strek soms tot aan die hoogwatermerk langs die kus waar die Birkenhead gestrand het. Deelnemers kan kies uit ‘n 21.1 km halfmaraton, ‘n 10km draf of ‘n 5km pretloop.

Die onderskeie afstande begin om 07:00, 07:30 en 08:00 op Woensdagoggend, 31 Desember 2014 by Laerskool Gansbaai se sportgronde. Inskrywings kan aanlyn by www.entrytime.com gedoen word. Inskrywingsvorms is by Gansbaai Toerisme beskikbaar en kan ook op Dinsdag, 30 Desember 2014 vanaf 16:00 by die laerskool se sportgronde voltooi word, of op die oggend voor die marathon vanaf 05:00. Inskrywingsfooie beloop onderskeidelik R60 vir die halfmaraton, R40 vir die 10km en R30 vir die pretloop. Waterpunte sal oral langs die roete beskikbaar wees en elke deelnemer sal na afloop van die wedlope medaljes ontvang. “Ek doen graag ‘n beroep op inwoners en vakansiegangers om veral die 5km pretloop met die hele familie te ondersteun en daar sal ook ‘Lucky draws’ wees,” sê Boats.

“Dit is die 15de halfmarathon wat deur Gansbaai Lionsklub aangebied word en dit is ook een van ons groot fondsinsamelingsprojekte.” Alle fondse wat ge-in word, word weer in die gemeenskap teruggeploeg.

Vir verdere inligting kan Boats van Staden by 072-789-3627 gekontak word.

Hardus Botha

Dangerpoint Halfmarathon

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles