Hermine 80 jaar jonk

Hermine 80 jaar jonk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit word gereeld van senior burgers gesê dat hulle 70- of 80 jaar “jonk” is. In die geval van Hermine Groenewald, wat op 14 Desember haar 80ste verjaardag gevier is, is dit letterlik die geval - daar is geen einde aan haar energie nie.

Naas vele bedrywighede voorheen, is sy steeds bedrywig as lid van Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes se Beheerliggaam (verteenwoordiger van die inwoners), Diens van Barmhartigheid, Badisa en die NGK Kerkraad, om enkele aktiwiteite te noem. Hermine is op 14 Desember 1934 in Saldanha gebore en het ten tye van die Tweede Wêreldoorlog grootgeword, “met my geboortedorp wat in ‘n militêre-kamp omgeskakel is.”

Sy voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Vredenburg en was Eerste Hoofdogter, Leier van die Leerlingraad en dien as voorsitter van die Christelike Studenteverening, asook die Landsdiensbeweging. Op 23 Mei 1956 tree sy met Jan Witman Groenewald in die huwelik. Hy is op 9 Mei 2012 in die ouderdom van 81 jaar oorlede, met hulle huweliksjare op daardie stadium as 56 jaar. Drie kinders is uit die huwelik gebore: Jolette Bezuidenhout, Louis Groenewald en Corinne Swart, “met 3 grootmaakkinders wat soos my eie is, naamlik Coleen Groenewald, Elaine Groenewald en Bennie Groenewald. Tussen die ses van hulle het Hermine 13 kleinkinders, maar agterkleinkinders ontbreek nog. Hermine is reeds sedert Maart 1963 (sowat 41 jaar) ‘n volbloed Gansbaaier. Familie, kinders, kleinkinders en vriende het haar verjaardag saam met haar in die Great White House in Kleinbaai gevier en die aand is terdeë deur almal geniet.                                                                 

Hardus Botha

Hermine 80 jaar jonk

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles