Jan Nel groet Munisipaliteit

Jan Nel groet Munisipaliteit

Gansbaai Courant

Jan Nel (65) (regs), ‘n Ingenieurstegnikus van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, het op 31 Oktober vanjaar besluit om die tuig finaal neer te lê. Jan is op 17 Oktober 1949 in Nylstroom gebore, waar sy pa ‘n wa-maker was en hy is die jongste van 5 kinders. In 1956 begin sy pa as grofsmit by die spoorweë werk en die gesin verhuis na Vryheid in Kwa-Zulu Natal, waar Jan se skoolloopbaan begin en hy in 1968 aan die Hoërskool Vryheid matrikuleer.

“Ek was lief vir die Voortrekkerbeweging en in my matriekjaar was ek so bevoorreg gewees as om saam met Voortrekkers van oor die hele land op die spore van Piet Retief met 'n ossewa en osse oor die Drakensberge te trek,” vertel Jan. Hy het ook aktief aan Volkspele deelgeneem en het later jare ook op die Nasionale Raad vir Volksang & Volkspele gedien en homself ook as kursusleier bekwaam.

In 1981 was hy ook deel van 'n groep Volkspelers wat vir 6 weke in Europa getoer het. Na matriek bevind hy hom in die Suid-Afrikaanse Lugmag vir sy militêre diensplig in Pretoria. Na vele gewik en geweeg, met die onderwys ook as ‘n moontlikheid, word hy toegelaat om as leerling-tekenaar by die destydse Departement van Waterwese opgelei te word en verwerf dan ook sy T2 Tegniese Sertifikaat aan die Pretoria Technikon. Op 8 Maart 1971 begin hy by YSKOR as ontwerptekenaar van siviele dienste vir die dorpsgebiede werk. Met die uittog van YSKOR vanaf Pretoria en Vanderbijlpark na New Castle, verhuis Jan en 4 van sy maats ook.

“Daar het ek besluit om nie die res van my lewe agter ‘n tekenbord te sit nie en dit is waar my belangstelling in munisipale dienste begin het,” vertel hy. Alhoewel Jan eers sowat 15 jaar gelede op 9 November 1999 diens by Gansbaai Munisipaliteit aanvaar het, het sy munisipale loopbaan reeds sowat 38 jaar gelede in Oktober 1976 by die Newcastle Munisipaliteit as klerk van werke in die projekte-afdeling van die Ingenieurs Department begin. Januarie 1982 verhuis hy na Vryheid, waar hy as Senior Ingenieur Assistent en later as Assistent Stads-Ingenieur: Water & Riool werk, met sy fokus op veral water- en rioolsuiwering toegespits. Na die munisipale transformasie-prosesse tussen 1994 en 1996, neem Jan aan die einde van November 1996 pakket en die gesin verhuis na Lambertsbaai, waar hulle ‘n gastehuis en ‘n wassery bedryf. Daar was Jan ook as ‘n HOP-huis kontrakteur betrokke. Met die resessie van 1999 besluit Jan om weer tot die arbeidsmag toe te tree en het op ‘n advertensie van ‘n vakature by Gansbaai Munisipaliteit gereageer, “maar ek moes op die landkaart kyk om te sien waar is Gansbaai!”

In 2000 het Gansbaai Munisipaliteit deel van die Overstrandse Munisipaliteit geword, waarna Jan in die pos van Hooftegnikus aangestel is. Op 11 Mei 1974, sowat 40 gelukkige jare gelede, tree Jan met Marie in die huwelik, met 1 dogter en 3 seuns wat uit die huwelik gebore is: Mariska, wat ‘n dag na haar geboorte oorlede is; Jannie (37); De Wet (36). Jan spog met een kleinseun, Jody (1), “wat my oogappel is”. Jan sê sy werksaamhede, asook verskeie projekte waarby hy betrokke was gedurende die afgelope 15 jaar in die Overstrand en veral in Gansbaai, was vir hom ‘n groot vreugde.

“Op hierdie stadium beplan ons nie om te verhuis nie en is ons dankbaar vir die goeie gesondheid waarmee ons geseënd is,” sê Jan. Dan het die man boonop ‘n baie mooi sangstem - Aletta Lochner, afrigter van die NG-Kerkkoor kan gerus daarvan kennis neem noudat hy meer vrye tyd gaan hê.                            

Hardus Botha

Jan Nel groet Munisipaliteit

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles