Vakansiegangers wen by Mr Video

Vakansiegangers wen by Mr Video

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Opgewonde vakansiegangers het die eerste been van Mr Video in Gansbaai se kompetisie gewen - ‘n Blue-Ray Videomasjien. Kobus, Elize en Etienne van Zyl, asook ‘n vriend van Etienne, Ruben du Preez van Kameeldrift naby Hartbeespoortdam in die Noordwes Provinsie, het saam met Elize die prys in ontvangs geneem.

“Die reeks kompetisies is vir Mr Video se 20ste verjaardagvieringe,” vertel Desiree van Zyl, Bestuurder: Gansbaai Mr Video. “Dit is ons vierde jaar van vakansie in Gansbaai en beslis ook nie die laaste nie,” vertel Elize. “Ons het agt kaartjies oor die tydperk gehad en elke keer gebid as ons dit in die houer gooi - dankie Jesus!”

Die gesin vertel van ‘n interessante gebeurtenis wat hulle verlede jaar oorgekom het: Hulle het soos gewoonlik 2 DVD’s by Mr Video uitgeneem, maar Etienne het dit per abuis op die motor se dak vergeet. Onnodig om te sê die DVD’s was verlore en hulle moes dit betaal. Desiree sê dat die een verlore DVD maande na die tyd deur iemand terugbesorg is en die ander een ook ‘n maand of wat later. Sy het die gesin gekontak om die geld terug te betaal, maar hulle het laat weet dat sy iemand in die omgewing met die geld moet “bless”. Wat ‘n mooi gebaar!

“Vanjaar is ons beloon vir verlede jaar se verlies as gevolg van ‘n bonafide ongeluk,” sê Elize.

Hardus Botha

Vakansiegangers wen by Mr Video

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles