Wat ons almal hierdie Kersfees nodig het

Wat ons almal hierdie Kersfees nodig het

Gansbaai Courant

 “Eer aan GOD in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” (Luk 2:14)

Wat dink jy het jy hierdie Kersfees die nodigste? Wat is dit wat die hele wêreld die minste van het en die meeste benodig?

Mense dink geskenke bring geluk. ’n Nuwe motor, ’n groter huis, beter selfoon, mooier klere en noem maar op. Ongelukkig is ons almal baie materialisties ingestel en ons dink die meeste van die tyd aan “goeters”, “dinge”. Ons sê maklik: “As ek maar net hierdie ding of daardie ding kan kry, sal ek regtig gelukkig wees.” Maar op die ou end, as ons daardie ding gekry het, hou ons nie op om na nog goeters te verlang nie! Wat dink jy kort regtig in jou lewe.......?

Ek dink dat die engele, wat aan die eenvoudige herders in die veld verskyn het tydens die geboorte van Jesus, die regte antwoord gegee het. Dalk moet onsnet weer gaan kyk na Lukas 2:14 en vasstel of ons hierdie twee elemente in ons lewe ervaar:

1. “Eer aan GOD in die hoogste hemel!” Die lewe gaan nie oor my en jou nie. Ook nie oor wat ons besit of begeer nie. Alles gaan oor GOD!Alles wat goed is kom van Hom af en alles behoort aan Hom! Die wêreld, ja elke mens, het nodig om weereens hulle lewens in te rig sodat GOD alle eer sal kry. Om dit te doen, moet ons Sy Woord ken en leef volgens Sy Wil! Dit is ’n lewenswyse, ’n ingesteldheid wat baie min mense het. Dit vra van jou om in alles wat jy dink en doen die eer van GOD na te streef. Jy sal diep in jou die begeerte ontwikkel om al hoe meer met oorgawe te leef en die lewe van dag tot dag voluit te benut en te geniet. Vir elke mens gaan dit effens verskil – maar rondom jou sal mense raaksien dat jou lewe aan die Koning behoort!

2. “Vrede op aarde!” Wanneer mense aan GOD die eer gee wat Hom toekom vloei ’n baie groot geskenk daaruit  voort. Ja, my grootste geskenk is dat ek aan Jesus behoort en deur Hom vrygespreek word – maar diep binne my moet daar nog iets gebeur. Die wonderwerk van innerlike vrede. Ons het almal hierdie geskenk, hierdie eienskap nodig om werklik gelukkig en tevrede te lewe. Vrede is wat nodig is in hierdie deurmekaar en ongelukkige wêreld waarin ons lewe. Orals is daar oorlog, haat en stryery aan die gang. Hoekom? Want die volke van die wêreld  het nie vrede nie! Hoekom loop soveel mense rond met lang gesigte en drink allerhande pille om hulle gelukkig te maak? Want hulle het nie vrede nie! Net in GOD, in Jesus het ons vrede!

Jy het hierdie Kersfees nie nog toegedraaide geskenke nodig nie! Jy het die vrede van GOD wat alle verstand te bowe gaan, nodig! (Fil. 4:7)

Jy gaan dit alleen kry as jou lewe in lyn met GOD se Woord en tot eer van Sy Naam ingerig is. Mag ons almal hierdie vrede ontdek en uitleef!

Wat ons almal hierdie Kersfees nodig het

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles