Doen die regte ding!

Doen die regte ding!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die storie wentel steeds om kabeljou, en die storie daar is dat indien jou handeling in lyn is met die ouens wat gereeld gaan om hierdie visse aan te keer, jy maar jou kerrievisgoeters en braairooster  kan gereed maak vir aksie. Jy kan jouself as gelukkig ag wanneer jy op die ingewing van die oomblik besluit om te gaan hengel en suksesvol is. Dit kos gereeld water toe gaan, jou “tackle” moet geskik wees vir wat die kabeljou verkies en die water moet saamspeel. Indien jy nie op datum is met die nodige vereistes nie, gooi bietjie varkoog en gaan praat met een van die gereelde hengelaars. En doen sommer navraag oor wat ‘n amperbootjie is!

Ook wat die hottievangste (met ‘n boot) betref, en daarmee saam gaan natuurlik roman, is die nuus nie baie goed nie, maar daar is tog goeie vangste in hierdie verband gemaak. Die verskil kom daarin dat die water jou moet toelaat om by die regte gate uit te kom. Met die bootkompetisie die afgelope naweek, was dit nie die geval nie, met swak vangste die gevolg. Een dag daarna, toe die weer verander, is ‘n paar van die bulhotties en ‘n groot roman of twee gevang. So, bekyk die wêreld mooi, moet nie kanse vat met ‘n deurmekaar see nie en wees selektief oor waar jy gaan anker gooi. Goeie raad om te volg is om seker te maak (en neem bietjie tyd daarvoor) dat daar nie branders breek in die onmiddelikke omgewing nie. Onthou dat hierdie vis meestal by bamboes en riwwe aangetref word en dis ook hier wat die water somtyds rof kan raak. Indien jy versigtig is en veiligheidsmaatreëls volg,  lê ‘n uiters genotvolle tydjie vir jou voor.

Wat die kreeftye betref, hou in gedagte dat jy eers weer op die 20e van hierdie maand jou kreefnette kan stel.

Vir die stokmanne  -- jy kan mos omtrent in enige weer gaan hengel, en selfs al is toestande nie ideaal nie, met jou lyn in die water is daar altyd ‘n kans.

Geniet die tydjie by die see. Groete, Seemeeu

Doen die regte ding!

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles