Doen die regte ding!

Doen die regte ding!

Gansbaai Courant

Die storie wentel steeds om kabeljou, en die storie daar is dat indien jou handeling in lyn is met die ouens wat gereeld gaan om hierdie visse aan te keer, jy maar jou kerrievisgoeters en braairooster  kan gereed maak vir aksie. Jy kan jouself as gelukkig ag wanneer jy op die ingewing van die oomblik besluit om te gaan hengel en suksesvol is. Dit kos gereeld water toe gaan, jou “tackle” moet geskik wees vir wat die kabeljou verkies en die water moet saamspeel. Indien jy nie op datum is met die nodige vereistes nie, gooi bietjie varkoog en gaan praat met een van die gereelde hengelaars. En doen sommer navraag oor wat ‘n amperbootjie is!

Ook wat die hottievangste (met ‘n boot) betref, en daarmee saam gaan natuurlik roman, is die nuus nie baie goed nie, maar daar is tog goeie vangste in hierdie verband gemaak. Die verskil kom daarin dat die water jou moet toelaat om by die regte gate uit te kom. Met die bootkompetisie die afgelope naweek, was dit nie die geval nie, met swak vangste die gevolg. Een dag daarna, toe die weer verander, is ‘n paar van die bulhotties en ‘n groot roman of twee gevang. So, bekyk die wêreld mooi, moet nie kanse vat met ‘n deurmekaar see nie en wees selektief oor waar jy gaan anker gooi. Goeie raad om te volg is om seker te maak (en neem bietjie tyd daarvoor) dat daar nie branders breek in die onmiddelikke omgewing nie. Onthou dat hierdie vis meestal by bamboes en riwwe aangetref word en dis ook hier wat die water somtyds rof kan raak. Indien jy versigtig is en veiligheidsmaatreëls volg,  lê ‘n uiters genotvolle tydjie vir jou voor.

Wat die kreeftye betref, hou in gedagte dat jy eers weer op die 20e van hierdie maand jou kreefnette kan stel.

Vir die stokmanne  -- jy kan mos omtrent in enige weer gaan hengel, en selfs al is toestande nie ideaal nie, met jou lyn in die water is daar altyd ‘n kans.

Geniet die tydjie by die see. Groete, Seemeeu

Doen die regte ding!

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles