Swakkerige 2015 begin

Swakkerige 2015 begin

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dit was maar ‘n powere beginslag vir 2015 se kompetisiereeks met die slegte weer (verskonings, verskonings!), maar dit sal hopelik vorentoe beter gaan,” sê Johan Burmeister, Wedstrydsekretaris van die Birkenhead Boothengelklub. Die klub se eerste boothengelkompetisie vir die volgende jaar, vind altyd gedurende Desember van die voorafgaande jaar plaas. So was dit ook met 2015 se eerste 2015-kompetisie, maar met die swak weersomstandighede was die vangstes niks om oor te spog nie. Net 4 bote het kans gesien om in te skryf en in te weeg, met ‘n totale bemanning van 14. Slegs een spesie, hottentotte, is ingeweeg en die totale aantal is 48, met 'n totale massa van 30.55kg, wat ‘n gemiddeld van 2.18kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Danie Fourie (hottentot - 1.25kg); 2de swaarste vis, Jean Downing (hottentot - 1.2kg); swaarste sak, Sharlo - 5.25kg; 2de swaarste sak, Jean Downing - 2.7kg; swaarste bootgemiddeld, Kayalami van Cedric van der Vyfer - 4.06kg; 2de swaarste bootgemiddeld, Oupa van Ben Uys - 1.66kg. Die nuwe Junior, JP Uys, het vir die Junior swaarste sak gesorg - 2.5kg. Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë vir 2015 is: Bootkampioen - Kayalami van Cederic van der Vyfer (4.06kg); Oupa van Ben Uys (1.66kg); Nu-Nu van Johan Burmeister en Relêks 2 van Jean Downing (1.28kg). Mans Visvangkampioene - Tjaart Olivier (5.10kg); Cedric van der Vyfer (3.25kg); Jean Downing (2.70kg); Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh wat dit ongelukkig getref het en op nul staan, met JP Uys as Junior Visvangkampioen wat 2015 met 2.5kg begin.

“Indien ‘n boothengelaar dalk ‘n Grootwithaai met ‘n snoekvisstok en ‘n Daiwa Saltist katrol gewaar, dit is myne,” sê Johan Burmeister. Belangstellendes word herinner aan die Birkenhead Boothengelklub se jaarlikse en gewilde Oujaarsdans in die klubgebou (Gansbaai Hawe). Bring eie verversings, maar kroegfasiliteite met billike pryse is beskikbaar, asook op-en-wakker dansmusiek om die Nuwe Jaar binne te dans. Slegs R70/persoon.

Klubnavrae kan aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634 gerig word en vir kaartjies (beperkte aantal) vir die Oujaarsdans, kan Johan Wiese by 084-680-1269 geskakel word, of skakel vir Lorraine Fourie by 083-450-3653.

Hardus Botha

Swakkerige 2015 begin

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles