Tien vrae aan SD Fourie

Tien vrae aan SD Fourie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hoe gaan dit met die Gedenkboek?

Ek dink op die stadium, baie goed, want die boek en die samesteller rus. Ek het die afgelope maande my skryfarm letterlik tot niet gewerk en die Kersseisoen is ‘n goeie verskoning om die arm en die manuskrip te laat rus.

Hoe vorder julle met die boek?

Ons vorder baie goed. Alle inligting is bygewerk en aangeteken.  Daar is nog ‘n paar onderhoude uitstaande, maar ek kan nou, vir die eerste maal, sê dat ons in beheer van die  projek is. Inderwaarheid besef ek nou eers die omvangrykheid van die projek. Ek sou graag wou sê dat ons halfpad is, maar in alle eerlikheid kan mens nooit so ‘n stelling maak nie,  daar kom gedurig nog inligting by en dan werk mens soms meer terug as vorentoe. Letterlik is ek tans besig met hoofstuk 8, maar daar is reeds aan hoofstuk 15 gewerk. Ons beplanning sluit  20 – 22 hoofstukke in.

Volgens ons inligting is julle kontraktueel verbind om die projek binne 2 jaar af te handel. Wanneer is die sperdatum?

Ons moet die volledige teks April 2016 vir goedkeuring voorlê.

Is dit haalbaar?

Ek het die kontrak geteken en is verplig om af te lewer.  Ek het nog nooit ‘n sperdatum gemis nie. Hopelik sal ek dit weer kan doen – met baie Genade van Bo.

Vertel ons meer van die Gedenkboek

Dit is ‘n unieke boek wat  die dorp en omgewing, sy mense en geskiedenis saamvat. My hoop is dat as die leser die boek oopslaan, moet elke woord, foto en storie hom of haar intrek en deel maak van die  omgewing met sy eie unieke asem.

In watter opsig is die boek uniek?

Ons probeer om nie net droë feite weer te gee nie. Baie oud-Gansbaaiers het reeds bydraes gelewer. Dit is ‘n boek vir Gansbaai en omgewing deur  Gansbaaiers. Die voorgeslagte het die geskiedenis reeds geskryf. Ek is slegs die samesteller.

Ons wil  almal nogmaals uitnooi om deel te wees van die boek. As jy en jou voorgeslagte nie in die Gedenkboek figureer nie, kan jy werklik nie die samestellers kwalik neem nie. Julle is dit aan die nageslag verskuldig.

Hoe bepaal julle wat in die boek verskyn en wat nie?

Die  feitlike geskiedenis geniet voorrang en word so kort en korrek as moontlik saamgevat, maar die stories van die dorp gee kleur aan ‘n gemeenskap en is sprekend van so ‘n dorp of streek. Ons skei die twee, maar beide het ‘n regmatige plek in dié boek.

Watter inligting tot op datum het jou opgewonde gemaak?

Skipbreuke.  Die hoofstuk is omvangryk, maar fassinerend. Ek het nou eers besef watter wonderlike, maar tragiese stories in die waters om ons begrawe lê. Die visbedryf is die kern van die onstaansgeskiedenis van Gansbaai en selfs die feitlike inligting is insiggewende leesstof. Ek het reeds die hulp van kundiges, soos Prof Matilda Burden, kultuurhistorikus van die Universiteitsmuseum Stellenbosch  gevra.

Met haar raad en hulp kon ons ook die ouderdom van die dorp bepaal. Die dorp het nou ‘n verjaardag en dit maak my opgewonde.

Wat is jou navorsingsbronne?

‘n Mag der menigte boeke, bokse vol knipsels uit koerante en die internet. Ongelukkig kan laasgenoemde nie eintlik as navorsingsbron gebruik word nie, maar dit plaas jou darem op die spoor van jou soeke.

Gelukkig het Jan ‘n goeie versameling boeke en het hy vir die afgelope 53 jaar alle inligting uit nuusblaaie en plaaslik versamel. Soms kry ons hulp uit ‘n onverwagte bron. Huisgenoot het byvoorbeeld  vinnig gehelp om ‘n artikel uit ‘n baie ou uitgawe te skandeer en aan ons te verskaf.

Finansies.  Hoe word die projek befonds?

'n Maatskappy, Gansbaai Gedenkbundel NPC, is gestig. Die ses direkteure is Francois (Kat) Myburgh, Pieter Scholtz, Francois de Jongh, Ben Gericke, Johan Coetzee en Herman Fourie. Skenkings en lenings deur Gansbaaiers asook voorverkope het daartoe gelei dat die boek kon realiseer. Daar word nog sowat R60 000 benodig vir drukkoste. Intussen word daar egter vol vertroue voortgegaan om hierdie koffietafel pragboek vir ons en die nageslag 'n werklikheid te maak. Enige finansiële bydraes sal verwelkom word. Die spaarrekeningnommer is ABSA 930 207 9958 - Gansbaai Gedenkbundel NPC.

Tien vrae aan SD Fourie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

From all of us at Seeff Walker Bay / Gansbaai, we wish our valued clients a festive season!

See All Articles