Kersboodskap: Gansbaai Fraternal

Kersboodskap: Gansbaai Fraternal

Gansbaai Courant

In die kerk is Desembermaand die ontstaan en einde van baie dinge wat die indruk skep van oorkoepeling. Waar die eerste Sondag in November die verkondiging van die koms van die Here Jesus beklemtoon, asook die verlange van profete oor die eeue heen om die Mesias te sien. Die wêreld se jaar kom aan ‘n einde, terwyl die kerkjaar alreeds weer begin het. Wat ‘n vreemde situasie! Dit herinner ons dat die eindes ook die begin van dinge is.

Soos ons Kersfees nader en ons die twee duisend jaar oue boodskap van die engele aanhoor, “Vrede op aarde aan alle mense”, verwag ons steeds die vervulling daarvan. Ons roep herinneringe terug van ons eie Kersfeestye - uit ons kinderjare, as mens, as jong getroudes, ensovoorts - die vele Kersfeesvieringe deur al die jare, tot nou toe. Ons voeg hierby ons hoop dat ‘n “Geseënde Kersfees” die engele se boodskap van lank gelede in ons eie tyd waar sal word. Mag u hoop en vrese van al die jare vervul word op Ou Kersaand. Ons vergader rondom die krip met ‘n bewustheid van die belofte van die verlede. Ons seëvier die geboorte - nie van die kind twee duisend jaar gelede nie, maar van geloof, hoop en liefdesbeloftes wat gemaak is en op gewag is en op gehou is. Die Gees wat altyd teenwoordig is, wat ons keer op keer trek na die krip. Ons eet en drink saam. “Dit is my liggaam, dit is my bloed”.

Die begeerte neem menslike vleeslikheid aan. Hoop het vlees geword. Dit eindig nie hier nie. Ons begeerte is nie net vir vandag nie, maar vir die toekoms - dat alle mense uiteindelik vrede sal ken. Dat broeder en suster weer versoen sal word. Dat die leeu en die lam weer saam sal wees. Dat ons kinders altyd Geseënde Kersgetye sal geniet. Ons hoop is om met die profete van ouds te verenig. Die hoop spreek tot alle mense - ons het tot ‘n volle sirkel gekom - hoop, teenwoordigheid, vervulling, einde en begin.

Ons wens u almal ‘n Geseënde Christus-gesentreerde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar vol wonderlike seëninge toe, wat net sal kom deur algehele gehoorsaamheid aan die Here Jesus Christus.

Ds. D. Naidoo, Ministers Fraternal Gansbaai

Kersboodskap: Gansbaai Fraternal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles