Immanuel - GOD by ons

Immanuel - GOD by ons

Gansbaai Courant

"Sou GOD werklik by die mens op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie!”  (2Kron. 6:18)  “Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Dit het alles gebeur sodat die woord wat die HERE deur sy profeet gesê het, vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken GOD by ons.(Mat 1:21-23)

Selfs die slimste man in die Bybel kon dit nie verstaan nie! Vir Hom was dit nie moontlik dat GOD tussen mense op die aarde sou kon woon nie. Tog is dit juis wat die engel aan Josef en Maria kom vertel het: GOD gaan tussen die mense kom woon! En Hy het! Kersfees gaan nie oor geskenke nie. Nog minder oor lang vakansies of lekker groot Kersfees-maaltye. Ook nie oor jou en my begeertes of wense nie. Kersfees gaan oor die grootste wonder van alle tye!

Kom ek vertel jou eens en vir altyd die grootste geheim oor Kersfees: GOD wat deur die eeue en deur die meeste mense as ’n vêraf-GOD gesien was, ’n GOD wat nie regtig in ons deurmekaar wêreld wou woon nie. Hy, die Skepper van hemel en aarde, die Begin en Einde

van alles, waarsonder niks kan bestaan of kan voortgaan nie – ja, die Ewige en Almagtige is NOU hier tussen ons! Hy woon in jou hart en in jou huis – in ons daaglikse wêreld!

Het jy hierdie wonderwerk al in jou lewe ontdek? Kan jy buite na die sterre staan en kyk en weet: GOD is nie só vêr van jou af soos die vêrste ster nie, maar binne-in jou hart? Kan jy die wind hoor waai en weet: GOD se Gees waai in jou lewe in en maak jou ’n nuwe mens?

Kan jy na ’n klein babatjie kyk en weet: Jesus het ook so gelyk omdat Hy naby jou wou kom bly? Kan jy die seerste pyn en ongeluk ervaar en weet: Jesus is saam met jou en Hy verstaan jou seerste seer! Kan jy in die donkerste tye van jou lewe rustig raak en weet: Hy, die Lig van hierdie wêreld verlig jou toekomspad en stap saam met deur elke donker nag!

Dan, my geliefde, het jy die geheim ontdek van Kersfees: GOD is met jou! Op hierdie oomblik!

Mag jy elke dag van nou af Kersfees beleef: GOD in jou! GOD by jou! GOD met jou!

Immanuel - GOD by ons

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Property Prices Under Pressure: Invest Now

Property Prices Under Pressure: Invest Now

The long run of higher interest rates has put pressure on property prices.

Clothing Donation from Komtessa

Clothing Donation from Komtessa

Thanks to Komtessa's kindness, we've received a bunch of new clothes for our residents.

Herberg aan See
Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.

Gans-Berg Nuus / News
Support the 'Call of the Wildlife' Campaign

Support the 'Call of the Wildlife' Campaign

The Grootbos Foundation is running our 'Call of the Wildlife' campaign, and we're asking nature lovers like you to pitch in.

Grootbos Foundation
Leopard Footage in Gansbaai

Leopard Footage in Gansbaai

In last month's camera trap download, we captured footage of not just one, but four different leopards.

Grootbos Foundation
Bosch Kitchen Appliances

Bosch Kitchen Appliances

Upgrade your kitchen with Bosch home appliances.

S Herholdt
See All Articles