Immanuel - GOD by ons

Immanuel - GOD by ons

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"Sou GOD werklik by die mens op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie!”  (2Kron. 6:18)  “Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Dit het alles gebeur sodat die woord wat die HERE deur sy profeet gesê het, vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken GOD by ons.(Mat 1:21-23)

Selfs die slimste man in die Bybel kon dit nie verstaan nie! Vir Hom was dit nie moontlik dat GOD tussen mense op die aarde sou kon woon nie. Tog is dit juis wat die engel aan Josef en Maria kom vertel het: GOD gaan tussen die mense kom woon! En Hy het! Kersfees gaan nie oor geskenke nie. Nog minder oor lang vakansies of lekker groot Kersfees-maaltye. Ook nie oor jou en my begeertes of wense nie. Kersfees gaan oor die grootste wonder van alle tye!

Kom ek vertel jou eens en vir altyd die grootste geheim oor Kersfees: GOD wat deur die eeue en deur die meeste mense as ’n vêraf-GOD gesien was, ’n GOD wat nie regtig in ons deurmekaar wêreld wou woon nie. Hy, die Skepper van hemel en aarde, die Begin en Einde

van alles, waarsonder niks kan bestaan of kan voortgaan nie – ja, die Ewige en Almagtige is NOU hier tussen ons! Hy woon in jou hart en in jou huis – in ons daaglikse wêreld!

Het jy hierdie wonderwerk al in jou lewe ontdek? Kan jy buite na die sterre staan en kyk en weet: GOD is nie só vêr van jou af soos die vêrste ster nie, maar binne-in jou hart? Kan jy die wind hoor waai en weet: GOD se Gees waai in jou lewe in en maak jou ’n nuwe mens?

Kan jy na ’n klein babatjie kyk en weet: Jesus het ook so gelyk omdat Hy naby jou wou kom bly? Kan jy die seerste pyn en ongeluk ervaar en weet: Jesus is saam met jou en Hy verstaan jou seerste seer! Kan jy in die donkerste tye van jou lewe rustig raak en weet: Hy, die Lig van hierdie wêreld verlig jou toekomspad en stap saam met deur elke donker nag!

Dan, my geliefde, het jy die geheim ontdek van Kersfees: GOD is met jou! Op hierdie oomblik!

Mag jy elke dag van nou af Kersfees beleef: GOD in jou! GOD by jou! GOD met jou!

Immanuel - GOD by ons

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles