“Ek het werklik emosioneel geraak by die aanskoue van die ongelooflike resultate met die Bags of Love,” vertel Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie. “Die reaksie van mense teenoor oproepe om nood vir behoeftige gesinne is eenvoudig oorweldigend.” Voorbeelde wat deur hom aangehaal is, is onder andere Stanford Rotary Club se Bags of Love Projek wat deur Tony en Lana Coates bestuur is.
Hulle het daarin geslaag om 50 sakke, gelykstaande aan R6,000, bymekaar te kry. Dan is daar Des Collins van Hermanus Rotary Club wat 75 sakke, gelykstaande aan R9,000, bymekaar gekry het. “Uit Gansbaai is 75 sakke, ook gelykstaande aan R9,000 na my gebring, wat voorsiening maak vir sowat 200 behoeftige gesinne wat deur onderskeie kerkleiers geïdentifiseer is,” sê Kat.
Op Maandag, 22 Desember 2014, het ander instansies ook hulle onderskeie Bags of Loves by die munisipale-kantore kom afhaal: Joanne Lewis van Live for Christ Ministries; Yolandi Sauls van Ikamva en wat ook Blompark VGK se sakke afgehaal het; Clive Steneveldt van Gansbaai Fraternal Ministries; Past van Dyck; Lede in Christus Gemeente; Reginala Louw, Elvin Springbok, William Lambert en Tiaan Thompson (13) van Beverley Hills. Vanjaar se Bags of Love Projek is gesamentlik deur Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa), Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie en Gansbaai Aanbiddingsentrum (onder leiding van past Frikkie Zeelie) aangepak.
Die bedoeling daarvan is om ‘n “Bag of Love”, gevul met R120 se kruideniersware aan behoeftige gesinne te voorsien. Gemeenskaps- en kerkleiers is versoek om behoeftige gesinne te identifiseer, wat elk ‘n sak gedurende 22 en 24 Desember ontvang het.
Hardus Botha