DA bederf Bejaardes

DA bederf Bejaardes

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die DA se raadslid vir Wyk 2, rdl Riana de Coning, het op 18 Desember ‘n baie spesiale Kersete vir Gansbaaidorp en Blompark se bejaardes by Silwerjare Dienssentrum gereël. Mnr Masizole Mnqasela (Lid van die Provinsiale Parlement) en ook een van die eregaste, het die borgskap vir die geleentheid vanaf die Minister van Sosiale Ontwikkeling: Wes-Kaap, min Albert Fritz, verkry. Nog eregaste was raadsvrou Nicolette Botha-Guthrie (Overstrandse Uitvoerende Burgemeester) en raadslede Dudley Coetzee en Moira Opperman, asook van die organiseerders wat vir Riana bygestaan het.

“Dit was ‘n baie spesiale geleentheid vir almal, aangesien daar op alle bejaardes in Gansbaai-dorp en Blompark gefokus is,” het Riana gesê. Een van die gaste, Betsie van der Merwe (88) van De Kelders, het haar nie deur hoë politici laat afskrik nie. Sy het doodluiters na die eregaste op die verhoog gegaan en spontaan vir mnr Mnqasela en raadsvrou Botha-Guthrie hulle handtekeninge op haar program gevra. Behalwe vir ‘n prestige Kersete, het elke bejaarde ook ‘n kersgeskenkie (‘n pakkie gemengde soetkoekies) ontvang. Riana die gaste ook met ‘n Kersklapper verras, wat met kinderlike vreugde en opgewondenheid geskiet is.

Mnr Mnqasela, asook raadsvrou Botha-Guthrie het in hulle toesprake na etlike prestasies deur die Overstrandse Munisipaliteit verwys en die bejaardes ook vir hulle ondersteuning en goeie samewerking bedank. Hulle het die bejaardes ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar toegewens.                                                         

Hardus Botha

DA bederf Bejaardes

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles