Uilkraal Stranddienste Geseend

Die eerste week by Uilenkraalsmond het beslis gevlieg! Dit is wonderlik om te sien wat God reeds hier kom doen het. Poppekas, ons gaskunstenaars: Plofstof en Kerugma, Coke dag, waterkaskenades het die kamp behoorlik aan die gons gehad, kom hoor die getuienisse wat God reeds in mense se harte en lewens kom doen het.

Ons het iets vir almal, oud en jonk kan kom deel in ons genot. Elke oggend vir die jongspul het ons poppekas, in die middag het ons vir die Laerskool kinders verskeie aktiwiteite op die strand. Elke dag om 16:00 is daar vir die tieners Volleyball en 20:00 begin die aandprogram waar almal welkom is.

Ons sluit die dag af na die aandprogram met koffiekroeg by ons stranddienstent wat spesifiek vir die hoërskool leerders en ouer is, kom gesels gerus saam oor 'n lekker gratis koffie en koekie.

Gansbaai Uilkraal Stranddienste Geseend 1_1
Gansbaai Uilkraal Stranddienste Geseend 2