Net sodra jy dink daar's niks

Net sodra jy dink daar's niks

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek kom tot die gevolgtrekking dat die vis tog maar daar is en net gesoek moet word. Met dat die vis so skaars is het dit nou al ‘n paar keer gebeur dat daar op hoeveel plekke probeer word om selfs maar net ‘n hottie of twee te vang en dit lyk dan nie asof die boot enige verskil (ten beste) maak nie. Jy kom steeds bedroë daarvan af. Maar wat ek ook opgelet het was dat met al die stilhou en somtyds selfs nie eens ‘n byt nie, jy maar net moet aanhou probeer. Dis ‘n feit  --  die vis skuil wel êrens. Die geheim lê daarin om die plekkie te vind. Wat ook waar is is indien jy nie gelukkig is om daardie geheime plekkie te vind nie, jy ook geen vis gaan vang nie. Dis dán wanneer jy voel jy is geregtig om te sê, die vis byt glad nie vandag nie. Het jy maar die regte gaatjie raakgery!

Jean Downing, skipper van Releks 11, sal weet waarvan hierbo gepraat word. Laas Vrydag het hy en sy twee bemanning afgesit see toe nadat hy die vorige paar dae redelik sleg gevaar het. So gooi-gooi het hulle gevorder na Joubert se Dam en dit is my raaiskoot dat soos die tyd verby gegaan het, sy hoop maar laag gelê het. Saam met hom op die boot was Corne Swart en Ferdi van Dyk. Die hoop beskaam mos nie werklik nie en Ferdi het ‘n ligte stokkie (so ongeveer 1 meter lank), ‘n baie ligte lyn en darem ‘n nr. 4-hoekie ook in die water gehad. Dís toe sy lyn op loop gaan en die eerste gedagte was, dis ‘n kabeljou, nee redeneer mens, dis ‘n haai! Gelukkig is Ferdi gewoond aan ordentlike vis vanaf sy kajak te vang en besluit toe om die vis “ordentlik” te speel. Toe die steenbras van 9 kg gesig wys het Jean die haak sy werk laat doen en die mooi vis is veilig ingelig. Toe was dit tyd om behoorlik die storie te bespreek! Die res van die tyd is bestee om daardie sku hotties op te spoor. Selfs ‘n roman of twee is aangekeer maar die dag was gemaak en die mooi steenbras sal sorg dat weer met nuwe moed gehengel word. So kry ons almal ‘n beurt!

Aan almal: ‘n Baie geseënde Kersfees en die allerbeste nuwe jaar ooit!

Groete, Seemeeu

Net sodra jy dink daar's niks

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles