Net sodra jy dink daar's niks

Net sodra jy dink daar's niks

Gansbaai Courant

Ek kom tot die gevolgtrekking dat die vis tog maar daar is en net gesoek moet word. Met dat die vis so skaars is het dit nou al ‘n paar keer gebeur dat daar op hoeveel plekke probeer word om selfs maar net ‘n hottie of twee te vang en dit lyk dan nie asof die boot enige verskil (ten beste) maak nie. Jy kom steeds bedroë daarvan af. Maar wat ek ook opgelet het was dat met al die stilhou en somtyds selfs nie eens ‘n byt nie, jy maar net moet aanhou probeer. Dis ‘n feit  --  die vis skuil wel êrens. Die geheim lê daarin om die plekkie te vind. Wat ook waar is is indien jy nie gelukkig is om daardie geheime plekkie te vind nie, jy ook geen vis gaan vang nie. Dis dán wanneer jy voel jy is geregtig om te sê, die vis byt glad nie vandag nie. Het jy maar die regte gaatjie raakgery!

Jean Downing, skipper van Releks 11, sal weet waarvan hierbo gepraat word. Laas Vrydag het hy en sy twee bemanning afgesit see toe nadat hy die vorige paar dae redelik sleg gevaar het. So gooi-gooi het hulle gevorder na Joubert se Dam en dit is my raaiskoot dat soos die tyd verby gegaan het, sy hoop maar laag gelê het. Saam met hom op die boot was Corne Swart en Ferdi van Dyk. Die hoop beskaam mos nie werklik nie en Ferdi het ‘n ligte stokkie (so ongeveer 1 meter lank), ‘n baie ligte lyn en darem ‘n nr. 4-hoekie ook in die water gehad. Dís toe sy lyn op loop gaan en die eerste gedagte was, dis ‘n kabeljou, nee redeneer mens, dis ‘n haai! Gelukkig is Ferdi gewoond aan ordentlike vis vanaf sy kajak te vang en besluit toe om die vis “ordentlik” te speel. Toe die steenbras van 9 kg gesig wys het Jean die haak sy werk laat doen en die mooi vis is veilig ingelig. Toe was dit tyd om behoorlik die storie te bespreek! Die res van die tyd is bestee om daardie sku hotties op te spoor. Selfs ‘n roman of twee is aangekeer maar die dag was gemaak en die mooi steenbras sal sorg dat weer met nuwe moed gehengel word. So kry ons almal ‘n beurt!

Aan almal: ‘n Baie geseënde Kersfees en die allerbeste nuwe jaar ooit!

Groete, Seemeeu

Net sodra jy dink daar's niks

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles