Renoster plesier in Franskraal

Renoster plesier in Franskraal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Renoster het op Dinsdag, 23 Desember 2014 sy verskyning op Franskraalstrand gemaak, maar teen laataand het dit soos mis voor die son verdwyn.

Die “geheimsinnige” renoster se verskyning het die koppe behoorlik laat draai. Die ou grote is op Franskraalstrand van sand gebou en sy “skeppers” is Hendry Erasmus, Freddie Swart en Steven Erasmus wat sowat 4½ ure aan hom gebou het. Voor die sandrenoster is die woorde, “Save Our…” met gladde klippies uitgepak.

Die gesinne, Swart en Erasmus (familie van mekaar), het saam kom vakansie hou en die res van hulle het gesellig onder die skuiling gekuier terwyl die bouers hard aan die werk was. Een van die dames het die renoster nat gehou om hom nie te laat verbrokkel nie. Die Erasmus-familie is van Secunda in Mpumalanga, met die Swart-familie wat in Worcester woon. “Ons twee familie-groepe was laas in 2007 bymekaar, ook hier in Franskraal, en daardie jaar het ons ‘n groot walvis op die strand gebou,” het Wayne Swart gesê.  Met die tong in die kies is teruggedink aan wyle dr Francois du Preez se fonds van ‘n kopbeen in die baai kort voor Danger Point Ligtoring, wat later deur prof Brink van die Universiteit van die Vrystaat as die kopbeen van ‘n swart renoster geïdentifiseer is.

Hardus Botha

Renoster plesier in Franskraal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

From all of us at Seeff Walker Bay / Gansbaai, we wish our valued clients a festive season!

See All Articles