Renoster plesier in Franskraal

Renoster plesier in Franskraal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Renoster het op Dinsdag, 23 Desember 2014 sy verskyning op Franskraalstrand gemaak, maar teen laataand het dit soos mis voor die son verdwyn.

Die “geheimsinnige” renoster se verskyning het die koppe behoorlik laat draai. Die ou grote is op Franskraalstrand van sand gebou en sy “skeppers” is Hendry Erasmus, Freddie Swart en Steven Erasmus wat sowat 4½ ure aan hom gebou het. Voor die sandrenoster is die woorde, “Save Our…” met gladde klippies uitgepak.

Die gesinne, Swart en Erasmus (familie van mekaar), het saam kom vakansie hou en die res van hulle het gesellig onder die skuiling gekuier terwyl die bouers hard aan die werk was. Een van die dames het die renoster nat gehou om hom nie te laat verbrokkel nie. Die Erasmus-familie is van Secunda in Mpumalanga, met die Swart-familie wat in Worcester woon. “Ons twee familie-groepe was laas in 2007 bymekaar, ook hier in Franskraal, en daardie jaar het ons ‘n groot walvis op die strand gebou,” het Wayne Swart gesê.  Met die tong in die kies is teruggedink aan wyle dr Francois du Preez se fonds van ‘n kopbeen in die baai kort voor Danger Point Ligtoring, wat later deur prof Brink van die Universiteit van die Vrystaat as die kopbeen van ‘n swart renoster geïdentifiseer is.

Hardus Botha

Renoster plesier in Franskraal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles