Kersvader Scattered Links

Kersvader Scattered Links

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Al gehoor van “Kersvader Scattered Links”? Dit mag eienaardig op die oor klink, maar dit was weer tyd vir Gansbaai se bekende motorfietsklub, die Scattered Links, Overberg Chapter, om Kersvader te speel.

Die groep is bekend vir hul vele liefdadigheidsprojekte en het Desembermaand met helder oranjekleurige kartondose in etlike besighede in die dorp afgeskop. Vele items, veral toilet- en kruideniersware, is op hierdie wyse ingesamel. “Vanjaar het ons besluit om die een gedeelte van die donasies aan Gansbaai se Helpende Hand te oorhandig, met die res wat gedurende Januarie 2015 aan die Gansbaai Elimhuis oorhandig sal word,” vertel Juanita Maree, een van die organiseerders en eggenote van die voorsitter, Pieter Maree. Die motorfietsers het ook die “Kersliggie-aanskakelingsaand” benut deur worsrolletjies ten bate van liefdadigheid te verkoop. “Helpende Hand mag nie ‘bedel’ en vra nie, daarom is spontane optrede en omgee soos hierdie werklik ‘n riem onder hart vir ‘n mens,” het ‘n emosie-belaaide Maretha Geldenhuys van Solidariteit Helpende Hand se Gansbaai-tak gesê. Die motorfietse het verlede week dreun-dreun by Maretha ingetrek, maar dié keer saam met ‘n volgelaaide bakkie. Trane van dankbaarheid het gevloei toe sy die groep bedank het.

“Dit is ‘n wonderlike gebaar vir die nood in ons omgewing en julle optrede is vir my ‘n wonderlike definisie van opregte omgee teenoor diegene wat nie dieselfde voorregte as ons geniet nie.” Hierdie motorfietsers van Gansbaai is beslis nie “tange op motorbikes” nie. Hulle is gerespekteerde inwoners met etlike van hulle wat hul eie besighede bedryf - en aan ruim harte vir diegene in nood, is daar by hulle geen tekort nie.

Hardus Botha

Kersvader Scattered Links

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles