BARC Nuus

BARC Nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir vakansiegangers wat nie weet nie, BARC staan vir Birkenhead Animal Rescue Centre en verrig ‘n enorme taak vir die beskerming van diere. BARC is ‘n nie-winsgewende organisasie en is grotendeels afhanklik van donasies en skenkings. Gereelde fondsinsamelingsprojekte word aangepak, terwyl hulle ook die Tweedehandse Winkel op die hoek van Hoof- en Korporasiestrate bedryf ten einde fondse vir oorlewing te bekom.

“Die winkel het ook onder die swak ekonomiese toestande deurgeloop, terwyl dit ‘n belangrike bron van inkomste is, maar ons verkope is besig om weer mooi aan die gang te kom,” vertel Annalie Jonker, Bestuurder van BARC. “Ons maak deurgaans staat op donasies van die publiek ten opsigte van klere, skoene, kombuisware, gordyne, beddegoed, ornamente en enigiets wat tuis in die pad is.” Twee gratis Sterilisasie-veldtogte is vanjaar geloods, waartydens 203 diere op BARC se koste gesteriliseer is. Twee ekstra hokke is aangebou, terwyl nog drie in beplanning is, asook die vergroting van die Cattery (kattehok).

Geldelike donasies kan by die winkel of by die hokke gegee word, waar ‘n kwitansie uitgereik sal word. Andersinds kan dit direk in BARC se bankrekening inbetaal word: Nedbank; Rekeningnommer 1498103006; Takkode 198765; Verwysing: Donasie. BARC se hokke kan gerus gedurende weeksdae tussen 09:00 en 10:00 besoek word, asook Saterdae tussen 09:00 en 10:00.

Die hokke is in Voortrekkerstraat op pad na Gansbaai se Stortingsterrein. BARC bied ook “losies” aan honde, maar slegs wanneer die eienaars met vakansie gaan. “Baie dankie vir vele skenkings soos dierekos, komberse en speelgoed vir die katjies en die honde in die hokke, dit word opreg waardeer,” sê Annalie. “Dankie ook aan persone wat positiewe advertensies van diere wat huise soek op ons Facebook-blad deel en verder versprei.” BARC se Veldwagter, Gavin Hughes, woon op die perseel, wat verdere inbrake verhoed waar honde gesteel word vir hondegevegte of om te verkoop, met vervalste teelsertifikate.

Navrae en/of donasies: Annalie Jonker by 082-826-0631; Diere-probleme: Gavin by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC Nuus

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

From all of us at Seeff Walker Bay / Gansbaai, we wish our valued clients a festive season!

See All Articles