BARC Nuus

BARC Nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir vakansiegangers wat nie weet nie, BARC staan vir Birkenhead Animal Rescue Centre en verrig ‘n enorme taak vir die beskerming van diere. BARC is ‘n nie-winsgewende organisasie en is grotendeels afhanklik van donasies en skenkings. Gereelde fondsinsamelingsprojekte word aangepak, terwyl hulle ook die Tweedehandse Winkel op die hoek van Hoof- en Korporasiestrate bedryf ten einde fondse vir oorlewing te bekom.

“Die winkel het ook onder die swak ekonomiese toestande deurgeloop, terwyl dit ‘n belangrike bron van inkomste is, maar ons verkope is besig om weer mooi aan die gang te kom,” vertel Annalie Jonker, Bestuurder van BARC. “Ons maak deurgaans staat op donasies van die publiek ten opsigte van klere, skoene, kombuisware, gordyne, beddegoed, ornamente en enigiets wat tuis in die pad is.” Twee gratis Sterilisasie-veldtogte is vanjaar geloods, waartydens 203 diere op BARC se koste gesteriliseer is. Twee ekstra hokke is aangebou, terwyl nog drie in beplanning is, asook die vergroting van die Cattery (kattehok).

Geldelike donasies kan by die winkel of by die hokke gegee word, waar ‘n kwitansie uitgereik sal word. Andersinds kan dit direk in BARC se bankrekening inbetaal word: Nedbank; Rekeningnommer 1498103006; Takkode 198765; Verwysing: Donasie. BARC se hokke kan gerus gedurende weeksdae tussen 09:00 en 10:00 besoek word, asook Saterdae tussen 09:00 en 10:00.

Die hokke is in Voortrekkerstraat op pad na Gansbaai se Stortingsterrein. BARC bied ook “losies” aan honde, maar slegs wanneer die eienaars met vakansie gaan. “Baie dankie vir vele skenkings soos dierekos, komberse en speelgoed vir die katjies en die honde in die hokke, dit word opreg waardeer,” sê Annalie. “Dankie ook aan persone wat positiewe advertensies van diere wat huise soek op ons Facebook-blad deel en verder versprei.” BARC se Veldwagter, Gavin Hughes, woon op die perseel, wat verdere inbrake verhoed waar honde gesteel word vir hondegevegte of om te verkoop, met vervalste teelsertifikate.

Navrae en/of donasies: Annalie Jonker by 082-826-0631; Diere-probleme: Gavin by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC Nuus

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles