Olga se voltallige kroos

Olga se voltallige kroos

Gansbaai Courant

Olga Swanepoel van Perlemoenbaai het die voorreg geniet om haar “voltallige kroos” te kon ontvang. Die vyf dogters wat vir haar Kersvreugde gesorg het, is Erica (Worcester), Reinette (Perlemoenbaai), Elsabe (Johannesburg), Ronel (Stellenbosch) en Benita (Worcester).

Olga se kleindogter en Reinette se dogter, Mareina, is tydens hulle besoek op 20 Desember in Hermanus met Chris Cronje in die huwelik bevestig, met die bruidspaar wat altwee in Pretoria woon. Tussen die vyf dogters is Olga die trotse ouma van 13 kleinkinders en ouma-grootjie van 3 agterkleinkinders. Daar is ook geen einde aan Olga se energie nie - sy is ‘n bekende kunstenaar in die omgewing. Haar kunsgroep, Kwaskenades Kunsgroep, is sowat 6 jaar gelede gestig en sedertdien het sy al etlike kunsstudente opgelei. Ná ‘n suksesvolle uitstalling in Julia Barlow se Lighthouse Tavern op die Danger Point-pad, het Olga en haar studente besluit om soortgelyke uitstallings kwartaalsgewys daar aan te bied.  

“Ek verskaf slegs basiese opleiding, raad en advies aan my studente, maar verkies om hulle vryheid van styl toe te laat, aangesien geen kunstenaar oor dieselfde styl beskik nie,” sê Olga.

Die twee pragtige skilderye van vreugdevolle Engele op die sykante in die Pretoriussaal tydens die onlangse Kersmark, is ook deur Olga gedoen. “Ek het probeer om die dieper kern van Kersfees vas te vang. Die geboorte van dié Kind, asook die blye vreugde wat dit vir die mensdom gebring het,” vertel Olga. Belangstellendes in haar of haar studente se skilderye, kan haar by 082-444-9172 skakel.

Hardus Botha

Olga se voltallige kroos

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles