Opgewonde Besoekertjie

Opgewonde Besoekertjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Johan-Stefan van Wyk (8), is ‘n Gr 3 leerder aan die Laerskool Brackenfell en is ‘n gereelde vakansieganger in De Kelders. Hy kom gereeld gedurende skoolvakansies saam met sy oupa en ouma, Johan en Stienie Marais van Rawsonville, na hul vakansiehuis in De Kelders. Hier vergeet Johan-Stefan van skoolgaan en is die ene opgewondenheid oor De Kelders, Gansbaai en die omgewing. Bure van Johan en Stienie in De Kelders neem Johan-Stefan gereeld agtermiddae saam na Gansbaai hawe waar daar met die honde gestap word.

Tydens daardie uitstappies is daar niks wat sy wakker oë ontglip nie en sy ondersoekvermoeëns oorskadu selfs dié van die honde wat saamgeneem word. Ondanks sy belangstellende en lewendige geaardheid, beskik hierdie jongseun oor pragtige goeie maniere, beleefdheid en gehoorsaamheid. Alles op en langs die ou hawe-muur word ondersoek en hy “ontdek” elke middag iets anders wat hom interesseer. ‘n Hoogtepunt vir hom was verlede Sondagaand toe hy saam met dieselfde bure na Hoofstraat se Kersliggies gaan kyk het. Hy was oorstelp   van vreugde en opgewondenheid en kon nie ophou kyk en vrae vra nie. Elke voorstelling moes ontleed word om seker te maak hy weet wat die liggies voorstel. Met die gadeslaan van  drie spesifieke wonings, was dié jongeling stomgeslaan en hy het elke uitbeelding sogvuldig bekyk en daar moes foto’s vir Afrika geneem word.

Nou-ja, ‘n jong besoekertjie of nie, Gansbaai en omgewing sal sonder twyfel goeie “word-by-mouth” advertensie van hom af in Brackenfell kry.

Hardus Botha

Opgewonde Besoekertjie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles