Vyeboom Boorinsek

Vyeboom Boorinsek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vele is al oor hierdie gevaarlik knaap geskryf, maar inwoners en besoekers met vakansiehuise en vyebome, kan gerus kennis neem dat die vyeboom boorinsek weer toegeslaan het.

Die Phryneta spinator (Fig tree borer) is ‘n donker gespikkelde kewer (beetle) en word sowat 35mm lank en kan in ‘n ernstige plaag ontaard. Die larwe boor letterlik in die vyeboom se stam in, veral wanneer die boom ouerig en met 'n gebrek aan groeikrag is. Tans is daar egter ‘n voorbeeld van ‘n ou vyeboom wat afgekap is en weer uitgeloop het, met die kewer wat alreeds daarop voorkom. Die kewer word maklik uitgeken aan sy lengte, lang voelhorings, gestreepte voorkoms en die prominente doringagtige uitsteeksels weerskante van die borskas. Sy lewenssiklus is langer as 3 jaar. Eiers word in die somer in 'n T-vormige spleet wat die wyfie in die boomstam maak, gelê en die broeitydperk is tussen 10 en 18 dae. Die uitgebroeide larwas voed op die bas van die boom, maar "kou" later hul weg oop deur die stam, wat letterlik "tonnels" tot gevolg het.

Die larwa ontwikkel in 'n papie wat in 'n "kamer" bestaande uit kalsium karbonaat en 'n gom-mengsel bestaan, waarna die volwasse insek sy verskyning maak. Suksesvolle teenmiddele is eintlik nog net probeerslae. Die larwes kan letterlik uitgesny word en 'n draad kan fisies in die tonnels ingesteek word, waarna gifstowwe ingespuit kan word.

Indien die kewer opgemerk word, kan Overberg Agri in Stanford besoek word. Twee moontlike teenmiddele is Efecto Insect Granules 500g en Efecto Steriseal 100ml.

Hardus Botha

Vyeboom Boorinsek

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles