Hou jou oe gerig op Jesus in 2015

Hou jou oe gerig op Jesus in 2015

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,  die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof...... Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.” (Heb 12:1-3)

’n Mens is altyd aan die begin van ’n nuwe jaar gevul met baie verskillende emosies, vrese en vrae. “Wat gaan die nuwe jaar vir my inhou? Gaan ek hierdie jaar my finansiële situasie regmaak? Wat gaan van my kinders word? Ons huwelik sal hierdie jaar beslis tot ’n punt moet kom waar ons belangrike besluite moet neem? Wat gaan van ons land en sy ekonomie word?”

Die regte vraag wat ek en jy moet vra is: “Hoe moet ons as gelowiges die jaar aanpak?” Daarom moet ons na GOD se Woord gaan kyk en sien wat die Gees van ons vra. Hierdie gedeelte uit Hebreërs 12:1-3 gee vir ons duidelike riglyne:

“Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het – Die Bybel is vol van gelowiges mense wat op GOD bly vertrou het in elke denkbare situasie – en GOD was getrou! Hy gee elke keer krag, uitkoms en nuwe lewe!

“laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik,” – Maak jou los van die swaar laste wat jy saamsleep: Bekommernisse, onnodige vrae, sondes van die verlede en veral die sondes of gewoontes wat tans jou lewe versuur. Geen atleet of gelowige kan die lewe se wedloop met ’n swaar las op hulle skouers hardloop nie. Jy ook nie. Gee alles aan GOD oor en voel hoe jou hele lewe verlig.

“en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,” – Dis reg, die lewe is ’n wedloop. Dit vra van jou inspanning en deursettingsvermoë. Gelukkig weet ons dat GOD ons die krag vir elke dag gee – ons moet net uit ons bed opstaan en ons bed opmaak, die dag met al sy take, een vir een aanpak – en gou sal ons sien hoe ons as oorwinnaars deur die lewe gaan!

“die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof ” –Hier kom ons nou by die geheim van ’n standvastige, doelgerigte lewe. Eintlik is dit nie ’n geheim nie. Ons weet dit almal. Ons doen dit net nie. Ons moet ophou om verward in alle rigtings te kyk vir hulp. Mense, regerings, banke en besighede kan jou nie deur die krisis help nie.  Net Jesus kan. Hou jou oog op Hom gevestig as jy die wedloop hardloop. Hy is die Lig op ons pad. Hy is die krag in jou spiere en net Hy alleen kan jou diepste vrese verstaan. Wat jy ook al aanpak.

Hou jou oog gevestig op Jesus, -  “Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.”

Mag 2015 vir jou die jaar word waar jy Jesus heeltyd voor jou sien loop en jy Hom met jou hele lewe volg!

Hou jou oe gerig op Jesus in 2015

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles