Die afgelope tyd het weer gewys dat bejaardes van etlike instansies vele redes tot groot vreugdes het.
Eers was dit die NG Vrouediens se Uitreikaksie wat vir ‘n prestige-Kersete vir Silwerjare Dienssentrum gesorg het. Daarna, op 11 Desember het die Wes-Kaapse Regering: Maatskaplike Ontwikkeling enkele ander Tehuise vir Bejaardes in die buurdorpe na Silwerjare Dienssentrum uitgenooi, insluitend Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, vir ‘n prestige byeenkoms en Kersete.
Natalie Theunisen van die Departement het die verwelkoming hanteer en die doel van die geselligheid verduidelik. Die bejaardes is daarna met optredes deur Ikamva Youth Group vermaak, asook met sang deur die Siyazama Service Centre en die Lombardi Service Centre. Die bejaardes het die geleentheid terdeë geniet, heerlik geëet en gekuier en is ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar toegewens.
Hardus Botha