Geelbek

Geelbek

Gansbaai Courant

Geluk aan almal wat hierdie nuwe jaar van 2015 binnegaan! Mag daar net geluk en voorspoed voorlê.

Die wilde water wat oor die Kersnaweek geheers het het nietemin gesorg dat die geelbek ordentlik aan die loop gaan. Hardebaarde soos skipper Martin Otto het geweet dat sy boot, C-King, in staat sal wees om toestande ordentlik te benut en het gevolglik ongeveer 400 kg. geelbek gevang. Ook ‘n paar makriele het hulle alie gesien. Dis darem nie net vir vang nie en sommige bote het  droëbek teruggekeer. ‘n Paar man het gelukkig ook goed gevaar. Dis weer eens bewys, die Hardebaarde wéét wat om wanneer te doen! Indien jy wil meedoen aan die vangery, net aanhou en aanhou. Hopelik kuier die geelbek te lekker om nou pad te gee.

Ek soek klarigheid oor ‘n kwessie wat my nou al die afgelope kreefseisoen dwars in die krop steek. Ek was altyd onder die indruk dat hoe meer olieriger die kreefaas is hoe meer doeltreffend sal dit wees. Nou is ek al deur al wat ‘n hengelaar verseker dat ansjovis as aas vir kreef net die teenoorgestelde uitwerking het. In ander woorde, moet dit nie gebruik nie, jy gaan moeilik ‘n  kreef in die nette kry . Ek het so rukkie (redelik lank voor die kreefeisoen) van ‘n goeie vriend heelwat “anchovies” persent gekry en het my lippe ordentlik geslyp vir wat voorlê. Ek het tussen die manne gelê en moes aanskou hoedat hulle sardynaas sommer gou sorg dat hulle kwota kreef ordentlik gevul word. Op daardie stadium was ek vol vertroue met my beskikbare aas maar was gou oorbluf toe ek stert tussen die bene die aftog moes blaas  --  en my vertroue daarmee heen. Aangesien ek ten volle op die ansjovis staatgemaak het  en nie ander aas nodig geag het nie was daar vir my geen ander keuse as om ook soos ‘n paar ander manne (damn min van hulle!) omtrent sonder kreef terug te keer. Is dit dalk omdat my aas al ‘n week of drie in die vrieskas was en sou vars aas ander resultate tot gevolg gehad het? As die bewering wel waar is het ek iets nuuts geleer en sal dit in die res van die kreefseisoen toepas  om te kyk of dit nie beter gaan nie. Is daar iemand anders wat klarigheid hieroor kan verskaf? Laat weet asseblief. Ek self sluk swaar hieraan maar dis darem ‘n verkaring vir my waarom ek sover so swak gevaar het. Of miskien was ek net sleg!!

Het jy ‘n amperbootjie tot jou beskikking, en gaan gereeld, het jy teen dié tyd al geproe hoe smaak vars kabeljou.  

Oor die algemeen is hierdie vis nie so volop soos verwag nie maar met die regte tegniek (ook van die kant af) gaan jy nie droëbek sit nie. Een probleem met die see toe-ganery is natuurlik die weer wat dit nie altyd maklik maak vir die booteienaars nie. Maar die tussenin-dae is ook hier! Van die manne wat ken van gaan haal steeds hulle roman en hotties, jy moet net mooi soek.

Die mooi steenbras wat laasweek tussen die ander vis by Joubert se Dam gevang is laat mens sommer “jukkerig” word! Tot volgende keer, Seemeeu

Geelbek

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles