Geelbek

Geelbek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Geluk aan almal wat hierdie nuwe jaar van 2015 binnegaan! Mag daar net geluk en voorspoed voorlê.

Die wilde water wat oor die Kersnaweek geheers het het nietemin gesorg dat die geelbek ordentlik aan die loop gaan. Hardebaarde soos skipper Martin Otto het geweet dat sy boot, C-King, in staat sal wees om toestande ordentlik te benut en het gevolglik ongeveer 400 kg. geelbek gevang. Ook ‘n paar makriele het hulle alie gesien. Dis darem nie net vir vang nie en sommige bote het  droëbek teruggekeer. ‘n Paar man het gelukkig ook goed gevaar. Dis weer eens bewys, die Hardebaarde wéét wat om wanneer te doen! Indien jy wil meedoen aan die vangery, net aanhou en aanhou. Hopelik kuier die geelbek te lekker om nou pad te gee.

Ek soek klarigheid oor ‘n kwessie wat my nou al die afgelope kreefseisoen dwars in die krop steek. Ek was altyd onder die indruk dat hoe meer olieriger die kreefaas is hoe meer doeltreffend sal dit wees. Nou is ek al deur al wat ‘n hengelaar verseker dat ansjovis as aas vir kreef net die teenoorgestelde uitwerking het. In ander woorde, moet dit nie gebruik nie, jy gaan moeilik ‘n  kreef in die nette kry . Ek het so rukkie (redelik lank voor die kreefeisoen) van ‘n goeie vriend heelwat “anchovies” persent gekry en het my lippe ordentlik geslyp vir wat voorlê. Ek het tussen die manne gelê en moes aanskou hoedat hulle sardynaas sommer gou sorg dat hulle kwota kreef ordentlik gevul word. Op daardie stadium was ek vol vertroue met my beskikbare aas maar was gou oorbluf toe ek stert tussen die bene die aftog moes blaas  --  en my vertroue daarmee heen. Aangesien ek ten volle op die ansjovis staatgemaak het  en nie ander aas nodig geag het nie was daar vir my geen ander keuse as om ook soos ‘n paar ander manne (damn min van hulle!) omtrent sonder kreef terug te keer. Is dit dalk omdat my aas al ‘n week of drie in die vrieskas was en sou vars aas ander resultate tot gevolg gehad het? As die bewering wel waar is het ek iets nuuts geleer en sal dit in die res van die kreefseisoen toepas  om te kyk of dit nie beter gaan nie. Is daar iemand anders wat klarigheid hieroor kan verskaf? Laat weet asseblief. Ek self sluk swaar hieraan maar dis darem ‘n verkaring vir my waarom ek sover so swak gevaar het. Of miskien was ek net sleg!!

Het jy ‘n amperbootjie tot jou beskikking, en gaan gereeld, het jy teen dié tyd al geproe hoe smaak vars kabeljou.  

Oor die algemeen is hierdie vis nie so volop soos verwag nie maar met die regte tegniek (ook van die kant af) gaan jy nie droëbek sit nie. Een probleem met die see toe-ganery is natuurlik die weer wat dit nie altyd maklik maak vir die booteienaars nie. Maar die tussenin-dae is ook hier! Van die manne wat ken van gaan haal steeds hulle roman en hotties, jy moet net mooi soek.

Die mooi steenbras wat laasweek tussen die ander vis by Joubert se Dam gevang is laat mens sommer “jukkerig” word! Tot volgende keer, Seemeeu

Geelbek

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles