Gerrit Meyer van Van der Bijlpark se vakansiedroom is bewaarheid met sy yslike 19kg kabeljou wat hy naby Franskraal van ‘n boot af gevang het.
Gerrit het saam met sy vriend, Lambert de Wet van Caledon op dié se boot, Topless, op Maandag, 21 Desember 2014 uitgegaan en sy droom gaan bewaarheid. “Ek het toevallig vir Johan Burmeister, Wedstrydsekretaris van die Birkenhead Boothengelklub, dié oggend gesê vandag is my dag vir ‘n Grote,” vertel Gerrit. “En sommer bygevoeg dat ek daarna by die bootklub sal aansluit!”
En toe vang hy sy “Grote”. Gerrit en sy eggenote, Christine, het ‘n vakansiehuis in Franskraal en dit is jaarliks hulle geliefde vakansieplek om rus en vrede te kom opsoek.
Hardus Botha