Academia steeds Tops

Academia steeds Tops

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Academia se matrieks spog met ‘n slaagsyfer van 89,5%, hoër as die landwye slaagsyfer.  In die groep van 77 leerders was 11 repetisienorm leerders en in totaal het 68 leerders geslaag.  Die slaagsyfer is nou wel 4% laer as 2013, maar die kontekstuele uitdagings moet in berekening  gebring word en dan is dit duidelik dat die slaagsyfer eintlik uitsonderlik goed is.

Vakke wat met ‘n 100% slaagsyfer spog is Rekeningkunde, Engels Eerste Addisionele Taal, Gasvryheidstudies, isiXhosa en Toerisme.  Die getal leerders wat met universiteitstoelating geslaag het, is 14, aantal leerders met diploma is 48 (13 meer as 2013) en leerders met hoër sertifikaat is ses.  Daar is 12 onderskeidings in totaal soos volg behaal: Jack Swart in Toerisme,  Samkelo Mabona in Besigheidstudies,  Malcolm Booyse in Wiskundige Geletterdheid, Monique Grebe in Engels, LO, RTT en Lewenswetenskappe en laastens Andisiwe Wulana in isiXhosa, Wiskundige Geletterdheid, LO, Rekeningkunde en Besigheidstudies.

Die top kandidaat, Andisiwe Wulana (vyf onderskeidings), wat nog in die Oos-Kaap met vakansie is, kom van Masakhane. Sy het nie toegelaat dat haar omstandighede haar onderkry nie en is ‘n ongelooflike suksesverhaal.  Sy het laat weet dat sy hard gewerk het en ‘n visie het van wat sy met haar lewe wil doen.  Kort op haar hakke is Monique Grebe (vier onderskeidings) wat ook bo moeilike omstandighede uitgestyg het.  Soos Andisiwe, het sy ook baie hard gewerk en was gefokus. Maandagaand 5 Januarie 2015 het die Minister van Onderwys, Angie Motshekga, die matriekuitslae bekend gemaak. Sy het redelik klem gelê op die uitdagings wat 2014 se matrieks gehad het met die nuwe kurrikulum, algemeen bekend as die “CAPS”. Dit was ook die eerste jaar waar daar repetisienorm leerders in matriek was. Volgens die onderwyswet mag ‘n leerder net 4 jaar in ‘n fase wees.  Die repetisienorm leerders wat landwyd in alle skole was, is leerders wat nie graad 11 geslaag het nie. Volgens Motshekga het die leerders grootliks bygedra tot die verlaging in die algemene slaagsyfer. ‘n Verlaging van 1,9% wat ‘n slaagsyfer vir 2014 88,1% maak.

Die Wes-Kaap se gemiddelde persentasie het met 2% gedaal en die provinsie vind hom ook in die vierde plek in die land, twee plekke afwaarts van 2013 af.  Die Overberg Distrik is aangewys as die vyfde beste distrik in die land uit 81.  Mnr Bertram Loriston, Direkteur van die Overberg onderwysdistrik, het die prestasie toegeskryf aan die goeie leierskap en bestuur van die skool – prinsipale in die distrik.

Dit was maar gespanne Dinsdagoggend by Hoërskool Overberg waar die resultate uitgegee was.  Meneer Loriston het in sy kort toespraak genoem dat die 2014 vraestelle besonder moeilik was, veral in die volgende vakke:  Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Besigheidstudies en Fisiese Wetenskappe.  Die vraestelle wat aan die “CAPS” vereistes moet voldoen, is op ‘n heelwat hoër kognitiewe vlak en daar was in vele vakke langer vrae in opstelvorm gevra wat meer leeswerk vereis.  Hy het ook genoem dat 11% van die leerders repetisienorm leerders was wat sy eie kontekstuele probleme geskep het.  Ten spyte van al die uitdagings het hy gesê die leerders van die Overberg het uitstekend gevaar en dat die hele distrik baie trots op die leerders kan wees.  Die personeel wat vir die leerders klas gegee het, is geprys vir die uitsonderlike werk wat hulle gedoen het.

Van die 19 hoërskole in die distrik het nie een skool onder 70% gekry nie.  Dit bewys dat daar ‘n stabiliteit bereik is en dat skole op die regte pad is.

Gansbaai Academia

Academia steeds Tops

Gansbaai Academia

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

Season’s Greetings from Seeff Walker Bay / Gansbaai

From all of us at Seeff Walker Bay / Gansbaai, we wish our valued clients a festive season!

See All Articles