Pearly Beach Kerssang

Pearly Beach Kerssang

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die Kerssangdiens van Pearly Beach se NG Kerk op Son-dagaand, 21 Desember 2014, was ‘n besonderse geleentheid met ‘n stampvol kerkgebou,” vertel Petrus de Preez van die gemeente. “Die pragtige binne-versierings het bygedra tot die luisterrykheid van die geleentheid en is deur Anita Botha van De Kelders gedoen.”

Die diens is deur Annelene Reinke, orreliste en Jack White met sy pragtige trompetspel met Die Onse Vader geopen, met die gemeente en besoekers wat hartlik saamgesing het aan die Kersliedere.

Drie Kersgedigte is afwisselend op ‘n besonderse wyse voorgelees: Kerstyding (Sepreo) deur Marizaan Bester, Maria van Elizabeth Eybers, asook Die Kersliedjie van DJ Opperman deur Irmarie Bester. Petrus du Preez het die eerste twee verse van Somerkersfees gesing, waarna die gemeente die daaropvolgende verse hartlik saamgesing het.

“André Rieu se paar snitte uit sy album, Home for Christmas, het verder tot ‘n ongelooflike Kersfees-gees bygedra,” sê Petrus. Die aanwesiges het met die sing van Kersgloria, asook die immergewilde Stille Nag, Heilige Nag, die Kerssangdiens afgesluit. Daarna het ds Willie Kotze, vergesel deur sy eggenote, Fransil, met gebed en die uitspreek van die Seën afgesluit.

“Die diens en die atmosfeer was vir almal ‘n besonderse belewenis en al wat toe oorgebly het, was Adré Rieu wat die gaste na die stoep ‘vergesel’ het, waar smaaklike verversings bedien is,” sê Petrus.

Hardus Botha

Pearly Beach Kerssang

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles