Redakteursboodskap

Redakteursboodskap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die jaar 2014 is reeds vaarwel toegewuif en vorm deel van die geskiedenis, met 2015 wat met sy eie en nuwe uitdagings wag. Ek vertrou dat alle lesers van Gansbaai Courant, asook nie-lesers, ‘n Geseënde Christusfees ervaar het, met ‘n veilige terugkoms vir diegene wat met vakansie was of steeds is. Met die lees van die “2014 Terugblik” (Gansbaai Courant, Woensdag, 31 Desember 2014), was daar vele hartseer, terugslae en mislukkings, maar gelukkig was daar ook vele vreugdes, opwinding en suksesse - met dank teenoor ons Hemelse Vader vir al die seëninge en veilige bewaring op elkeen van ons se lewenspad. Baie dankie vir die goeie ondersteuning wat Gansbaai Courant gedurende 2014 ondervind het. ‘n Spesiale dankie ook aan “deelnemers” aan die onderskeie uitgawes deur middel van nuuswenke wat verskaf is, telefoonoproepe, e-posse en selfs foto’s wat gereeld ingestuur is - hierdie samewerking word opreg waardeer en is van groot hulp. Dit verleen ook uiting aan Gansbaai Courant se beleid van ‘n “Gemeenskapskoerant vir die Gemeenskap”. Dieselfde geld vir die vele besighede wat die koerant met gereelde advertensies ondersteun, wat opreg waardeer word. Ek vertrou dat julle ‘n suksesvolle feesgety met goeie besigheid ondervind het en wens julle graag groot suksesse toe vir 2015.

Dankie ook aan die eienaars van Gansbaai Courant, Francois (uitgewer) en Deonora (bemarker) de Jongh, vir die vertroue wat in my as redakteur gestel is, asook vir besonderse werksomstandighede en hulle gesonde gemeenskapsbeleid wat ten opsigte van beriggewing gehandhaaf word. Van my kant af ook ‘n hartlike dankie aan Monica Hayes (grafiese ontwerp en uitleg) en Samantha Otto (administrasie) vir hulle ondersteuning en goeie samewerking. Hulle is gewis twee dames wat veel meer doen as wat “van buite af” gesien kan word. Naas hul onderskeie pligte, is hulle ook vir die druk en aflewering van Gansbaai Courant verantwoordelik - “baie dankie aan julle twee!”

Hierdie week het ek ‘n kort blaaskansie geneem, met die voorreg om enkele dae saam met my kinders en kleinkinders te kan geniet. Van my kant af wens ek almal van julle ‘n wonderlike, fisies-gesonde en Voorspoedige Nuwe Jaar toe. Pak 2015 aan met hernude wilskrag en gaan gerus voort met die ondersteuning van “julle eie” Gansbaai Courant!

Hardus Botha

Redakteur: Gansbaai Courant

Redakteursboodskap

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles