Oujaarsdans soos min

Oujaarsdans soos min

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bekende en gewilde Birkenhead Boothengelklub se jaarlikse Oujaarsdans op Woensdag, 31 Desember 2014, was weer eens ‘n groot sukses en baie gesellig, met die klub se saal wat stampvol was.

Tydens die opening van die aand, het voorsitter Phillip Fourie gesê die belangstelling vir vanjaar se Oujaarsdans was so groot, dat almal wat wou kom nie geakkommodeer kon word nie, ondanks die feit dat nog twee tafels agterna inderhaas voorberei is. Die saal is weer eens pragtig deur Anita Botha versier, met Philip en Lorrainne Fourie, Manie van Dyk en Hardus Botha wat haar bygestaan het.

“Toe ek na die mooi windpompe en dammetjies as deel van die tafelversierings kyk, het ek vir Anita gevra wat is die idee daaragter,” het voorsitter Philip Fourie aan die gaste gesê. “Sy het geantwoord dat die windpompe en dammetjies water simboliseer, met water wat lewe beteken - dus kyk ons vanaand na ‘n Nuwe Jaar met ‘n Nuwe Lewe.” Ook as deel van die tafelversierings, was outydse parafienlampglase wat netjies in gipsvorms, wat deur klublid Thys Fourie vervaardig is, gepas het, met brandende versierkersies binne.

Die geselligheid se fokuspunt was net gerig op gesellige samesyn, saamkuier en dans dat die “stof” so staan, met Piet van Zyl wat vir die Musiekfabriek verantwoordelik was en Ralph Gibbs wat as kroegman gesorg het dat almal se dors geles word. ‘n Pragtige hamper met ‘n waarde van ±R650 is deur Christo Spanellis van Hermanus Liquor Store in Gansbaai aan die klub geskenk. Johan Wiese het kaartjies beskikbaar gestel en vir Elsabé van der Merwe genooi om die gelukkige kaartjie te trek.

Die uiteindelike wenner was Awie van der Merwe van Kleinbaai. Die trekking van die gelukkige nommers het egter ‘n interessante verloop gehad: Die eerste wenner was Ingrid Wiese….en die tweede wenner was wéér sy. Dit is Johan en Suzette Wiese se skoondogter en sy en haar eggenoot, Johan, was hier met vakansie. Aangesien die geskenkpak nie saamgeneem kan word nie, het Ingrid dit telkens teruggegee en Awie het dit toe gewen. Kan ‘n man dan só gelukkig wees?!

Hardus Botha

Oujaarsdans soos min

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles