Mag 2015 'n jaar van AANBIDDING wees!

Mag 2015 'n jaar van AANBIDDING wees!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Weet jy wat kom ek agter as ek die Bybel lees? Hierdie wonderlike feit dat dit nie oor ons en ons behoeftes, ons wense en begeertes gaan nie, maar oor GOD, die Skepper van alles!

GOD het die mense op aarde geplaas om Hom te aanbid. “Om in GOD te glo is om GOD te aanbid ,” het Martin Luther gesê. Om ’n werklik gelukkige lewe op aarde te hê moet ons die kuns van ware aanbidding ontdek!

As ons die Psalms van Dawid lees kan ’n mens nie anders as om die besondere verhouding wat Hy met GOD gehad het, raak te lees nie. In alles wat Dawid gedoen het, het hy altyd na GOD toe gegaan. Ja, Dawid was ’n leuenaar en ’n moordenaar. Hy het owerspel gepleeg en baie verskriklike sondes gedoen en tog het GOD hom nie verstoot nie. Na elke ding wat hy gedoen het, het hy weer na GOD toe gegaan en Hom aanbid. Weet jy hoekom? Want Dawid het verstaan wat beteken dit om ’n genadige GOD te aanbid. Die genade wat GOD aan hom en elke mens bewys, het hy met albei hande aangegryp. Hy het GOD spontaan geloof en geprys vir elke ding. Hy het dit sy erns gemaak om GOD in Sy Woord te leer ken. “Dit gaan goed met die mens wat ......in die Woord van die HERE sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.”(Ps. 1:1-3)

Jesus se lewe op aarde was gekenmerk deur aanbidding. Hy het baie tyd gemaak om in gesprek met Sy Vader te verkeer. Toe Satan Hom vir veertig dae versoek het in die woestyn het Jesus hom beveg met die woorde: “Daar staan geskrywe: Die HERE jou GOD moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (Luk. 4:8). Dit is só belangrik vir my en jou om te verstaan dat Jesus, wat volledig GOD en mens was, nie kon lewe sonder ware gemeenskap (aanbidding) met Sy Vader nie. Wie beter kon dit verstaan dat ons grootste doel op aarde is om GOD te aanbid nie! Hoekom sal ons dit dan nie ook doen nie?

Ware aanbidding is meer as Bybel lees en kerk toe gaan.  Aanbidding beteken dat jy stil word voor GOD en al jou gedagtes en emosies op Hom rig en na Hom luister. Hierdie aanbidding is nie ’n plig nie, maar ’n spontane soeke na GOD, dankie sê en vreugdevol lewe. Aanbidding word jou grootste avontuur en bevrediging omdat jy in GOD se teenwoordigheid is!

Mag 2015 vir jou ’n jaar van ware aanbidding word!

Mag 2015 'n jaar van AANBIDDING wees!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles