Hierdie jaar het ons 'n hele nuwe samestelling. Eerstens het die VCSV Vakansiedienste (Stranddienste) verskuif na 'n nuwe perseel. Die bekende Standdiens tent sit nou by die Uilen-kraalsmond saaltjie. Die span het hierdie jaar bestaan uit meestal uit Matie studente en dan ook mense wat van ver en wyd kom van plekke soos Pretoria, Lutzville, Potchefstroom en baie van die Kaap. Die span was 'n klomp bekwame jongmense wie se harte brand vir Jesus en om mense lief te hê.
Almal is baie welkom by ons programme en ons sien uit daarna om julle in Desember 2015 weer te sien.
Agter van links tot regs: Hanli Cilliers, Henro Vorster, Wimpie Coetzee, Henko van Zyl, Günther Hüsselmann, Richard Mouton, Pieter Rossouw, Johann Gouws, Annie Basson, Jana Cilliers, Brigitta Hüsselmann.
Voor van links tot regs: Inge van Niekerk, Jessica Stone, Shirné Nel, Bernadette Bredenkamp, Jennifer Beukes, Dané Vorster, Nicole Snyman, Anri Janse van Rensburg, Cariena de Beer. Fotograaf: Anta Greeff
Günther Hüsselmann