AfriForum stel 24-uurkrisislyn bekend

AfriForum stel 24-uurkrisislyn bekend

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ‘n 24-uurkrisislyn bekend gestel, waar die organisasie se meer as 117 000 lede en hulle gesinne misdade en ander noodgevalle telefonies kan aanmeld en dringende hulp kan vra.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sy organisasie besluit om dié gratis nooddiens aan lede, genaamd AfriForum 911, te loods in die lig van die groeiende misdaadkrisis in die land en die feit dat die polisie dikwels traag in noodgevalle reageer. ”Waar die regering misluk in sy basiese verpligtinge om burgers se veiligheid te verseker, moet ons self begin doen wat ons kan om ons lede se veiligheid te probeer verseker”, het Kriel gesê.

Die telefoonsentrum, waar die krisislyn 365 dae per jaar beman word, sal sodra ‘n noodoproep rakende ‘n misdaad ontvang is, namens die inbeller die die polisie, die inbellers se bure en familie, sekerheidsmaatskappy en naaste AfriForum-gemeenskapsveiligheidstruktuur of buurtwag skakel om hulp te versoek. AfriForum se lede kan die kontakbesonderhede van diegene wat in noodgevalle gekontak moet word, by www.afriforum911.co.za registreer.

Mediese noodgevalle kan volgens Kriel ook by die noodlyn aangemeld word, waarna ‘n ambulans namens die inbeller ontbied sal word. ”Aangesien lede vooraf besonderhede rakende hulle mediese fonds, bloedgroep en allergieë kan registreer, sal dit mediese bystand in noodgevalle vergemaklik”, het Kriel bygevoeg. Volgens hom vorm telefoniese traumaberading en gesondheidsadvies ook deel van die diens.

As deel van die diens, word 'n groen AfriForum 911-armband met die noodlyn se nommer aan elke lid gestuur. Elke armband het ook 'n unieke nommer waaraan die lid se spesifieke mediese en ander besonderhede gekoppel word. Sodoende sal die lid, sou hy of sy bewusteloos wees, identifiseer kan word. Die armband, wat ook aan lede se kinders uitgereik kan word, kan byvoorbeeld ook gebruik word om die ouers van kinders in noodsituasies deur die krisislyn op te spoor.

‘n Video met meer besonderhede oor hoe AfriForum 911 werk, kan besigtig word by www.afriforum911.co.za

Kallie Kriel, Uitvoerende hoof:AfriForum

AfriForum stel 24-uurkrisislyn bekend

Kallie Kriel

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles