Wynmakers Gholfdag

Wynmakers Gholfdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was weer tyd vir die jaarlikse Wynmakers Gholfdag - die berugte Pirasien Classic Gholftoernooi. Hierdie jaarlikse instelling is aanvanklik deur Olla Olivier geïnisieer en die amptelike benaming en die begrip, Pirasien, spreek boekdele in die binnekringe van die wynbedryf, maar oor die afkoms en betekenis van die woord word daar geswyg. Wat wel van belang is, is dat dit ‘n baie gesellige dag is.

Alle wynmakers, wingerboukundiges en andere in die wynbedryf wat jaarliks hier kom uitspan, vanaf De Kelders tot by Pearly Beach, kry mekaar by Gansbaai Gholfbaai vir ‘n “prettige” American Scramble. Die bestuur wat die dag vanjaar gereël het, is Olla Olivier, Danie Marais, Altus le Roux en Gerrit Human en dit is hulle 10de jaar, met 37 spelers wat deelgeneem het. “Hierdie dag geskied jaarliks in ‘n vakansiegees en onderlinge samesyn en saamkuier, daarom is ons nie so bekommerd oor wenners nie,” het Olla gesê. “Daar is wel etlike goeie pryse op die spel, wat nie te versmaai is nie, maar die hoogtepunt van die dag bly steeds die gesellige saamkuier en -eet na afloop van die spel.”

Olla het sy opregte waardering teenoor vele borge vanuit die wynbedryf oorgedra, maar het spesiaal na hierdie omgewing se Gansbaai Superspar en Gansbaai OK Foods se borgskappe verwys. “Baie dankie ook aan Jannie Barnard en Gansbaai Gholfklub se bestuur vir die beskikbaarstelling van hulle goedversorgde gholfbaan, asook vir die vriendelike ontvangs wat ons jaarliks te beurt val.”

Op 'n vraag aan die Wynmakers of hulle gholfspel op dieselfde standaard as die uitstekende wyne is wat deur hulle vervaardig word, moes die onderhoudvoerder tevrede wees met 'n heerlike gelag as antwoord.

Hardus Botha

Wynmakers Gholfdag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles