Kovsies raap Academia topstudente op

Kovsies raap Academia topstudente op

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Universiteit van die Vrystaat het vir ‘n tweede keer een van Gansbaai Academia se topstudente “opgeraap” - weer eens met ‘n volle studiebeurs.

Andisiwe Wulana, Gansbaai Academia se topkandidaat vir 2014, het, net soos haar voorganger, Bianca de Koning (Hoofmeisie 2013), ‘n volle studentebeurs, danksy prof Jonathan Jansen van die Universiteit van die Vrystaat, ontvang. Bianca studeer tans “BSc Behavioural Genetics” en die slimkop het met sewe onderskeidings haar eerste jaar aan die Universiteit afgesluit. Prof Jansen het gesê dat sy hom nie teleurgestel het nie. Hy het ook gemeld dat sy oor twee spesiale kwaliteite beskik wat van haar ‘n ware Kovsie maak, naamlik dat sy ‘n top akademiese student is en ook aktief by studente-aktiwiteite betrokke is. Nou het Andisiwe dieselfde geleentheid ontvang.

Sy het haar matriek met vyf onderskeidings geslaag, naamlik isiXhosa, Wiskundige Geletterdheid, LO,Rekeningkunde en Besig-heidstudies. Nes Bianca, het Andisiwe moeilike omstandighede ervaar, maar nogtans bo almal uitgestyg. Sy is ‘n boorling van die Oos-Kaap, maar het as jong kind saam met haar ouers en drie ander kinders na Masakhane verhuis. Haar pa is die tuinier by die plaaslike gholf-klub en haar ma werk vir die konstruksiemaatskappy wat die nuwe laerskool in Masakhane bou. Sy en haar familie bly in ‘n “shack” met buite toilette en sy het bitter min privaatheid gehad om te studeer.

Academia bied gedurende eksamentye studiesessies aan en Andisiwe het sedert graad 11 al die sessies bygewoon. Andisiwe het besluit om Bcom Rekeningkunde te studeer, aangesien die jong meisie ‘n kop vir syfers het. Sy het van die begin af geweet haar ouers sal haar nie kan help om verder te studeer nie en sy het reeds sedert Gr 8 hard gewerk en ernstig op haar studies gekonsentreer. Sy sê self sy is nie eintlik een vir sport nie, maar het op die Junior Stadsraad gedien en is ook by haar kerk betrokke.

Die saggeaarde, nederige meisie het eerstens God bedank vir haar prestasies en mens hoef net ‘n klein rukkie in haar geselskap te verkeer om agter te kom dat sy ‘n toegewyde Christen is. Sy is baie opgewonde oor die vooruitsig van haar studies aan die Universiteit en om die skool se leuse uit te leef - Sprei jou Vlerke - aldus die ganse op die skoolwapen. Met Bianca en Andisiwe as voorbeelde kan ander leerders sien dat harde werk beloon word. Dit kring ook uit na die gemeenskap, aangesien almal na Academia se topleerders verwys en dit het ‘n positiewe uitwerking onder ouers en families wat leerders ondersteun.

Leerders kan al van Gr 8 af aangemoedig word tot hoë prestasies - 2015 se Gr 8’s moet juis al Dinsdag, 20 Januarie by die skool aanmeld. Daar is nou ‘n kosbare verhouding tussen Academia en Kovsies en die skool hoop dat vanjaar se matrieks nie sal teleurstel nie sodat nog potensiële studente opgelewer sal word en Academia se naam tot in die Vrystaat positief sal uitdra. Met die twee meisies se moeilike omstandig-hede en hindernisse wat hulle in hul kort lewens al moes trotseer, wys dit net weer eens dat jy van jouself maak wat jy is en dat jy bo jou persoonlike omstandighede kan uitstyg.

Liezel Mostert  

Kovsies raap Academia topstudente op

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles