Elke sekonde is 'n sekonde van GOD se genade!

Elke sekonde is 'n sekonde van GOD se genade!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en vol liefde.” (Ps 103:8). “Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.” (Joh 1:16) . “Maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.”  (Rom 3:24) 

Het jy geweet dat alles wat jy is, alles wat jy besit, alles wat jy al bereik het, ja elke dag se gesondheid, vreugde en genot, alles ’n daad van GOD se genade is? Ons as mense staan so maklik elke dag op en sê: “Vandag gaan ek dit of dat doen, môre gaan ek soontoe en ek gaan eendag by die see aftree.”  Maar eintlik kan ons niks sê of doen as dit nie vir GOD se onuitspreeklike gróót genade is nie.

Een Saterdagmiddag, op my 15de verjaardag, het ek gelê en boek lees toe my pa my deur die kamervenster roep om te kom gras sny. Ek het sonder respek geantwoord dit was my verjaardag en hy moet my broer vra. In millisekondes was hy in my kamer en het my die pak slae van my lewe gegee terwyl hy my aan my hemp en broek na buite boender. Ek moes in die tuin werk totdat die maan en sterre begin skyn het. Toe ek in die huis instap was hy en ma en my broers reeds aangetrek om uit te gaan. Pa het gesê ek moet gou stort en toe het hy my vir my verjaardag uitgevat vir ’n heerlike aand van eet en put-put speel. Verstaan jy? Vroeër die dag het hy my gegee wat ek verdien het. Later die aand het ek gekry wat ek nie verdien nie. Dit is wat genade doen!

Die aarde sou al lankal vernietig gewees het as GOD regtig die mense dadelik gestraf het vir wat hulle doen. Maar van die begin af was die HERE GOD met die mens geduldig en het nooit opgehou om die verhouding wat deur sonde stukkend gebreek is van Sy kant af te herstel nie. Verstaan één saak net weereens baie goed: GOD is ’n regverdige GOD wat alle sondes straf – maar Hy het besluit om al Sy kinders se sonde te straf deur Sy eie Seun aan die kruis in ons plek te laat sterwe. Daarom moet ons weet dat GOD die sondaars wat Jesus Christus as Verlosser aangeneem het en Sy Naam bely, sal red van die ewige dood. (Joh. 1:12; 3:16; Rom. 10:8-10) DIT IS GENADE! Uit genade is julle gered! (Efes. 2:8). Jy kan nie bestaan as dit nie vir GOD se genade is nie!

Kom ons probeer om hierdie jaar meer en meer te leef soos mense wat reeds deur GOD begenadig is. GOD sê self vir Paulus as hy om iets vra wat hy nie kry nie: “My genade is vir jou genoeg.” (2 Kor. 12:9) Bewys jy dan ook meer genade aan die mense wat jou irriteer en jou lastig val. Só vloei GOD se genade al verder en verder deur die wêreld!

Elke sekonde is 'n sekonde van GOD se genade!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles