Rolbalnuus (15 Jan 2015)

Rolbalnuus (15 Jan 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Franskraal rolbalklub het die nuwe jaar op 'n  baie hoë noot begin deur die, nou reeds bekende, Helmie de Vries dag, op 2 Januarie 2015 aan te bied.  Die dag het weer vir baie opwinding gesorg.  Soos met elk van die vorige byeenkomste, het daar 'n besondere goeie gees onder al die deelnemers geheers.  Heelwat bekende gesigte is weer opgemerk.  Baie van die deelnemers wat, met die aanvang van hierdie byeenkoms elf jaar gelede, gespeel het, was weer teenwoordig.  Hulle was hier om die lewe van hul oorlede vriend, Helmie, te herdenk.  Een honderd en twaalf spelers, vanoor groot dele van die land, het die dag terdeë geniet en heerlik saamgekuier.  Opvallend ook was die groot getal jong spelers wat teenwoordig was.  Baie dankie aan die organiseerders, Theuns Roodman en Archie Chambers, wat verantwoordelik was vir die reëlings vooraf en op die dag.   Dit word baie hoog op prys gestel.  

Ons jaarlikse Besigheidsliga neem weer, soos voorheen, aan die begin van Februarie ’n aanvang. Heelwat spanne het reeds vir hierdie gewilde kompetisie ingeskryf, en dit beloof om weer vir groot opwinding, asook wedywering onder ons plaaslike besighede en ander instansies, te sorg.  Kennisgewings in hierdie verband is reeds uitgestuur na alle vorige deelnemers. 

Ons vestig u aandag daarop dat nie net besighede welkom is om in te skryf nie.  Ons skole, sportklubs en alle ander organisasies is almal welkom om deel te neem aan hierdie kompetisie.  Daar is vier spelers per span. Ons sien daarna uit om alle belangstellendes en deelnemers by ons klub te verwelkom.

Vir verdere inligting kan die volgende bestuurslede gekontak word: Marius de Wit by 082 926 0892 of   Jane de Villiers by 076 126 2956.

Rolbalgroete tot volgende keer, Philip Malherbe.

Rolbalnuus (15 Jan 2015)

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles